Bible Answers
Back to questions
Banvloek: wat beteken dit met Lev. 27:29 in gedagte?
Lev. 27:28 “Elkeen wat onder die ban is, wat onder die mense met die ban getref is, mag nie losgekoop word nie; hy moet sekerlik gedood word.†Niks van die goed wat iemand onder die ban aan die HERE wy, (van alles wat aan hom behoort; mense, of vee, of grond wat in sy besit is) mag verkoop of afgelos word nie. Al die bangoed moet aan die HERE hoogheilig wees. Om iets aan die Here te wy kon as ban gesien word. Indien dit bv. ‘n land wees sou die opbrengs daarop vir die saak van die Here wees. Ook sien ons dat Agan nie optree volgens dié opdrag nie. Hy neem van die goed wat vernietig moes word en as gevolg daarvan betaal hy en sy gesin met hulle lewe. In die geval van Saul, het hou hy ook van die vee terug gehou omdat hy sogenaamd gereken dat hy dit dan later vir die Here sou offer en sodoende hoop day hy sy eie eiendom spaar. Dit lei tot sy afwaartse spiraal weg vanaf God. 1 Sam. 15:13 “Toe Samuel by Saul kom, sê Saul vir hom: Mag u geseënd wees deur die HERE: ek het die woord van die HERE uitgevoer. 14 Daarop vra Samuel: Maar wat vir 'n geblêr van kleinvee is dit in my ore en 'n gebulk van beeste wat ek hoor? 15 En Saul sê: Van die Amalekiete het hulle dit gebring, want die manskappe het die beste kleinvee en beeste gespaar om aan die HERE u God te offer; maar die ander het ons met die banvloek getref.†Daar rus n vloek op elkeen wat nie stiptelik alles doen wat in die boek van die wet geskrywe staan nie. Die Here is ‘n presiese God en ons vryheid lê daarin om Hom te gehoorsaam en waarlik te ken!