Bible Answers
Back to questions
Arriveer die wet eerste by Sinai?
Die Here skep die mens en gee Adam en Eva volle vryheid. Hy hou alleenlik die boom van kennis van goed en kwaad uit waarvan hulle nie mag gebruik nie. Hy beperk die vyand, dat alleenlik indien hulle ongehoorsaam sou wees hy sou kon beïnvloed. Kain het egter duidelik geweet dat hy verkeerd gedoen het deur die moord op sy broer Abel 1 Joh. 4:4 Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid. Die meeste mense reken dat die wet eers by Sinai arriveer. Gal. 3:19 Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge. Interessant dat die Here sy navolgers moes orden deur riglyne daar te stel om bv., mekaar nie te vermoor nie, of om ouers te eer, of nie leuens te vertel nie, ens. Sinai arriveer 430 jaar na die Israeliete hulle in Egipte bevind, maar let op die volgende: Gen. 26:5 “omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.†Hier is steun dat God sy navolgers wel bewapen het met die regte informasie sodat julle kon kies tussen reg en verkeerd!