Bible Answers
Back to questions
Wat sê die Bybel oor Tale?
Almal praat een taal, sonde vier hooggety en die Here roep Noag en vernietig die antediluviaanse wêreld! Nou glo die mense in God maar vertrou nie vir God want alhoewel Hy bevestig nooit weer nie en tog is daar die rebelse groep wat toring tot eie redding begin bou as Hy dalk nie vertrou kan word nie. Die rebellie en sonde groei so dat God innoverend hulle tale verwar en nou kan die grootse toring nie verder vorder nie en tale veroorsaak verdeeldheid en skep die Babelse verwarring en die projek moet laat vaar word en die tale verstrooi mense oor die aarde en skep ruimte vir nasionalisme. In Christus se tyd miljoene Jode en 60% buite Palestina. Drie keer per jaar moes Joodse mans met die feeste Jerusalem besoek nl. Pasga, fees van weke en die Hutte fees. Die Jode buite Palestina en heidene het nie Aramees gepraat nie en Jesus vaar dag 40 op na die hemel en bevestig dat hulle in Jerusalem moet wag tot die krag oor hulle kom: Hand. 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en SamarÃa en tot aan die uiterste van die aarde. Nou is die fees van weke op hande en die fees 50 dae ná die fees van Eerste Vrugte en op die fees is daar rukwind, en dan vuurtonge op die heiliges. Let op die was geestelik voorbereide agente vir God. Vuur uit hemel was erkenning deur God dat Jesus as offer aanvaar is: dink aan Elia op berg Karmel en ook met inwyding van Salomo se tempel. Al offer wat gebring was Jesus se offer aan die kruis en Jesus het bevestig Hy sal sy Vader vra om ander Trooster te stuur die HG. Jesus se werk vir ons op die kruis was ‘n volmaakte offer en so volg uitstorting v.d. HG. Die fees van weke was ook die geboorte van die Nuwe Testamentiese kerk maar nou beperk taal die verspreiding v.d. evangelie en waar tale voorheen verwar is gee die HG nou die gawe van tale en die hoorders kan die waarheid in eie taal volg en 3000 bekeer en laat hulle doop. Die ontvangers was toegewyde navolgers van Christus geleer id Woord. Die HG sou Homself nie kon assosieer met mense wat die fondasie van waarheid die Bybel misken het nie: 2 Pet. 1:21 want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek. Die HG sou nie mense bemagtig om andere te leer indien hulleself nog nie geleer het wat waarheid in die Bybel sou wees nie. Belangrik om in die Bybel God te leer ken: Heb. 13:8 Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid Jesus verander dus nie en is totaal voorspelbaar: Mal. 3:6 Want Ek, die HERE, het nie verander nie; Krities dus dat ons moet besef enige gebeurlikheid buite die kanon of erkende Bybel aan die Bybel gemeet moet word as ons nie mislei wil word nie: Jes. 8: 20 Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle 'n volk wat geen dageraad het nie. Ons moet dus die totale getuienis van die Bybel gebruik om iets nuuts aan te meet en nou gee die Here vir ons ‘n waarskuwing: Matt. 24:4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. Dus gaan mense andere mislei en dalk nie doelbewus nie maar ook omdat hulle mislei is. Egter t.s.v. hoe opreg ek mag wees gaan ek steeds op die verkeerde plek beland as ek nie stap in: 1 Pet. 2:21 Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg Want hoor die hartseer woorde: Matt. 7:21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. 22Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! Omdat ons in ‘n kerk en met godsdiens besig is maak nie dat ons noodwendig gered sal word nie, ons mag juis die vyand volg en dink ons volg Jesus. Wat kry ons dan hier op Pinkster die fees van weke? Vuurtonge, vuur uit die hemel en wat sê Jesus: Openb. 13:13 Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense Hier is aanduiding dat ons aan die einde van die aarde se geskiedenis die ou patroon van die Satan sien nl. patroon van nabootsing en hier voorspelling dat die vroeë reëns van vroeë christelike kerk ook met laat reëns gevolg sal word maar dat die alternatiewe mag die vuur uit die hemel of dan nou die uitstorting van die HG sal naboots: Dus moet u en ek aanvaar dat dit wat ons sien as aansprake van die uitstorting v.d. HG moontlik vervalsing kan wees en nie afkomstig van God nie maar van sy vyand met sy agente Lucifér. Verder waarsku die Bybel teen die bonatuurlike: Matt. 24:24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. In Egipte het die towenaars die eerste drie plae kon naboots en die Bybel waarsku teen die bonatuurlike want mense laat toe dat hulle sintuie hulle mislei en nou het hulle oë gesien hulle oor gehoor en hulle koop ‘n nuwe waarheid buite die kanon van die Bybel. 2 Thess. 2:7 Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; 8en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, 9hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen 10en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. 11En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, In my ervaring sal mense dan sê: ek voel dit is nie verkeerd nie of ek sal wag vir die HG maar hulle verstaan verskil lynreg met die openbaring in sy Woord en die ware HG gaan nie nuwe teologie bring nie want God verander nie. Vraag bly dus of moderne praat in tale en dinge soos bv. die Toronto blessing die uitstorting v.d. HG van die Bybel reflekteer en of dit emosionele nie Bybel gefundeerde teologie is nie. Verrassend vir my is daar bv. geen aanduidend in die Bybel dat die onveranderlike God nou skielik Sondag as sy Sabbat sal aanvaar t.s.v. sy Bybelse riglyne dat die 7e dag Sabbat die Saterdag van ons huidige week steeds die Sabbat v.d. Here jou God is nie. Ek kan dus na die metodiek van die sg. spreek in tale kyk, die rede nl. uitbreiding v.d. evangelie waarvoor dit gegee is maar ek kyk uit die hoek dat die Gees word gegee vir offer wat aanvaar is en indien ‘n persoon of dan kerk nie eers die basiese beginsels van die Bybel navolg nie dan sal dit nie die ware HG se uitstorting wees nie maar ‘n valse vuur uit die hemel en daarom sal meeste deelnemers ook sentreer rondom gevoels- godsdiens, dit voel so reg: Jesus se verweer nadat Satan die Bybel verwronge gebruik: Matt. 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. Ook ken ek die Here as: 1 Kor. 14:33 want God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges Ook tree Paulus soos diplomaat op rondom die tale sprekers dat hy hul ervaring nie wou afmaak as emosie nie en gee sekere riglyne en veral indien dit nie uitgelê kan word en tot stigting van almal dien nie swyg eerder. By fees van weke sien ek behoefte vir tale om die kerk te laat groei en as dit weer nodig is v.d. verspreiding v.d. evangelie sal die Here dit weer uitdeel maar korporatiewe praat in tale in gemeentes met ervarings godsdiens in mense wat nie die Here volg volgens die riglyne van die Bybel nie betwyfel ek die oorsprong van die gees teenwoordig. Kyk op You Tube na David Assherick oor “Speaking in Tongues.