Bible Answers
Back to questions
Wanneer is Satan uit die hemel gegooi?
Openb. 12:7 “En daar het oorlog in die hemel gekom: MÃgael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; 8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. 9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. 10 Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.†Vir die feit dat die boom van kennis van goed en kwaad reeds by die skepping van die aarde bestaan het, bevestig dat die oorlog vóór die skepping ontstaan het. Hier was die enigste area waar Satan toegang tot die mens kon kry. Joh. 12:31 “Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word. 32 En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek. 33 En dit het Hy gesê om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.†Hier koppel Jesus die “neer werping†en sy dood op die kruis. Hier gee Lukas n verdere verduideliking. Luk. 10:17 “En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam. 18 Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos 'n bliksem uit die hemel sien val.†Jesus bevestig dat Hyself Satan gesien neerval uit die hemel uit, so dit is duidelik dat dié val vroeër as die “neer werping†van bo te wees. Ook behoort ons vra wanneer die tweede Adam (Jesus), die eerste Adam se oorgee van die aardse heerskappy aan Satan omgekeer het sodat Hy weer die verteenwoordiger van die aarde geraak het. Almal is dit eens dat Satan verslaan is op die kruis van Golgota waar Jesus die wêreld met God versoen het. In die verlede eons in die binnekamer van die hemel besluit die Godheid oor die skepping van die aarde. Lucifér as geskape wese raak dan ontsteld dat hy nie deel uitmaak van die Godheid in hierdie besluit nie. Hy het ook deurentyd probleme oor die posisie wat Christus beklee waaroor ons duidelikheid vind in Jes. 14 en Ese. 28. Hier verkry ons insae oor die rebellie wat in die troonkamer van die hemel begin. Die engele begryp nie die langtermyn risiko van Lucifér se vrae nie, en 1/3 van die engele glo sy wergawe en tsv van gesprekke behou Lucifér sy posisie, en word met 1/3 engele uit die hemel gegooi. Hierna leef hy sy aggressie uit teenoor die ongevalle wêrelde. Die Godheid bevestig aan Adam en Eva dat ‘n alternatief bestaan deur die waarskuwing van die boom, en hier is die enigste plek waar Lucifer met hulle praat. Hulle koop Ãn om op Lucifér se manier soos God te word en plaas die heelal in ‘n krisis met die eet van die vrugte van die boom. Aangesien Lucifer alreeds by die skepping teenwoordig was is dit duidelik aanvaarbaar dat se neer werping reeds by aardse skepping ‘n realiteit was. Na die sondeval is hy die nuwe verteenwoordiger en eienaar van die aarde, daarom vind ons hom by die heelal se vergaderings soos in Job vervat. Selfs die 2/3 engele, en die ongevalle wêrelde bekyk die skouspel aangesien nie almal bewus was van wat die resultate sou wees deur Satan se rebellie teen God nie. Dus het Satan nog onbeperkte reis moontlikhede deur die heelal. Met die inkarnasie van Jesus as baba op die aarde, wys Satan dadelik sy kleure en duisende babas sterf met die oog vir vernietiging van Jesus. Sy onskuldige vrae eindig hierdie keer met die Skepper van die heelal wat hang aan die kruis van Golgota, hier waar Jesus duur betaal met Sy bloed vir die herwinning van aardse eienaarskap. By Jesus se kruisiging verloor Satan toegang tot die heelal wat beteken dat hy en sy engele permanent beperk is tot die aarde. Die bostaande het ‘n anti-tipiese groot Versoendag ingelei en sal afgehandel wees met Satan, sy engele en verlorenes wat saam in die poel van vuur vergaan terwyl die gereddes in die Nuwe Jerusalem sal verkeer. Mal. 4:1 “Want kyk, die dag kom, en dit brand soos 'n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, 'n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.â€