Bible Answers
Back to questions
Verskil SDA en Jode?
Ja, daar is a verskil. Die SDA kerk glo hulle is die oorblyfsel van die eerste Christelike kerk deur Jesus gestig en uitgebrei deur Paulus. Openb. 12:17 “En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.†Ons moet bevestig hoe die kerk wat gestig is deur Jesus, verskil van die teologie wat in die sinagoge geleer was: 1. Jesus is aanvaar as die langverwagte Messias en vervul al die Messiaanse profesieë, veral die 70 weke tyds profesie wat afhandel in 34nC, asook die skeur van die voorhangsel in 31nC wanneer die slagoffer en spysoffer wegval. 2. Die skaduwees wat die Messias voorspel het is vervul in Jesus Christus en pas in met: Kol. 2: 14 “en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael, 15 nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar ten toon gestel en daardeur oor hulle getriomfeer het. 16 Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot 'n fees of nuwemaan of Sabbat nie, 17 wat 'n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.†3. Twee kodisille is toegevoeg tot die Nuwe Verbond of Nuwe Testament. Die groot doop uit Johannes 3. Jesus nalaat ook die voorbeeld dat instead van die Pasga, stel Hy die heilige nagmaal as voortdurende herinnering totdat ons dit opnuut sal doen in die hemel ná die wederkoms. 4. Jesus bevestig dat profetiese gawes, selfs buite Bybelse tyd ‘n realiteit sal wees: Matt. 24:24 “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.†Die getuienis van Jesus soos in Openb. 12:17 is: Openb. 19:10 “En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.†Dus sal dit kenmerkend wees dat daar ook profetiese gawe sal wees. Dit word deur ons aanvaar dat die gees van profesie manifesteer in lewe van Me E G White, wat een van die stigters is, ná die groot teleurstelling met die Millerite beweging. 5. SDA’s glo hulle is die “derde†profetiese Elia van Maleagi 4, en daarmee net rigtingwysers terug na waarheid en die Bybel in sy volheid, m.a.w., die twee getuies van Openb. 11:3 verwys dan ook tot die “tweede†Elia, Johannes die Doper wat in eenvoud van voeding geleef het. Hierdie raad is ook getoon aan E G White dat om Joh. 10:10 se lewe in oorvloed te geniet, beteken ‘n gesonde lewenstyl deur navolging van die oorspronklike Eden tipe dieet. Hierin word ons uit genade gered weens dit wat Jesus gedoen het deur die wêreld met God versoen het deur Sy gehoorsaamheid tot die dood. Ons is deur genade gered daarom is ons gehoorsaam aan al die spore nagelaat deur Jesus. 1 Pet. 2:21 “Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;†Ons word individueel as vriende van Jesus gered en nie as denominasies nie. Ons is ernstig met die opdrag vir die verkondiging van Sy boodskap want ons lewe in die anti-tipiese versoendag sedert Oktober 1844. Ons glo die tyd gaan verby, buiten sy waarheid tot die hele aarde, en dan sy koms. Ons is agente van die taak!