Bible Answers
Back to questions
Verskil die doderyk en die hel?
Doderyk is waar ons almal ons gaan bevind indien die Here sy koms nog verder vertraag. Die Hel is waar diegene arriveer as die Here hulle aanhoudende ‘anti’ keuse teen Hom aanvaar. Dit is wanneer die Skepper sy skepsel laat gaan indien jy nie die nou weg gevolg het nie. Wat ons behoort te doen :- Ps. 77:12,13 “Ek dink aan die dade van die HERE; ja, ek wil dink aan u wonders uit die voortyd 13 en al u werk oordink, en ek wil peins oor u dade.†Heb.12:29 “Want onse God is 'n verterende vuur.†En indien ons gedoop is in water en ook in God se keuse, doping met die Heilige Gees en met vuur dan is ons vuurbestand. Ps.91:1 “HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. 2 Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou. 3 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes. 4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser. 5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, 6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!†Die Skepper aanvaar eindelik ons keuses indien ons intellektueel en geestelik so vas teen Hom besluit het uit rebellie dat ons geensins beweeglik is nie. Die hel vind plaas na 1000 jaar vanaf die wederkoms wanneer Satan en sy agente besin om die Nuwe Jerusalem aan te val wanneer God sy beskerming finaal onttrek van die persisterende rebelle. Dit is ‘n ewige en onuitbluslike vuur en net soos Gehenna buite Jerusalem stop die vuur nie en die wurm bly aktief totdat die produk uitgebrand het of vernietig is. Mal. 3:2 “Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers.†Mal. 4:1 “Want kyk, die dag kom, en dit brand soos 'n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, 'n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie. 2Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal. 3En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die HERE van die leërskare.†Hel is realiteit maar dit is steeds deur ’n liefdesdaad want dit word afgehandel. God kán hulle nie red. Indien die Here diegene wat teen Hom kies hemel toe sou neem, sal die hemel vir hulle soos ’n ewige Hel wees. God gee hulle eventueel die gevolge van hulle keuse ... finale einde.