Bible Answers
Back to questions
Verduidelik 1 Johannes 2:22 asseblief
Dit is die grootste Gnostiese leuen wat Johannes in sy evangelie en sendbriewe beantwoord. Die antichrist is die een wat die Vader en die Seun ontken. “Die antichrist†is nie die magtige teëstander nie, maar dis iemand met soortgelyke karakter eienskappe. Hy ontken dat Jesus die Messias (Verlosser) is en ontken dus in werklikheid beide die Vader en die Seun (vergelyk 2 Thes 2:4). Dis hierdie waarheid wat Johannes wil bevestig en ontwikkel. Die leuenaar is die een wat Jesus Christus verwerp. Dit was van die valse leringe wat in die destydse wêreld verkondig is. Daar was sommige mense wat Jesus as Heilige onderwyser (meester) erken het maar ontken het dat Hy die Messias was. Die antichrist ontken die bonatuurlike wonder van die geboorte van Jesus, hy ontken dat Jesus die Seun van God is, en ontken dat God die Vader is en ontken dus die Vader en die Seun. Die Jode in die algemeen Gnostisisme spesifiek, het die bonatuurlike maagdelike geboorte van Jesus ontken. Vir beide was Hy slegs ‘n gewone mens, die seun van Josef en Maria. Maar die Gnostici het wel gereken dat ‘n Goddelike wese, Aeon, of ‘n engel in Hom inwoon. Alle verdere dinge relatief tot Sy maagdelike geboorte en Goddelikheid het hulle verwerp. Hulle was dus die antichris wat ontken het Jesus die Christus (Messias) is.