Bible Answers
Back to questions
Is tale spreek die doping deur die Heilige Gees?
Die praat van tale is vêr verwyderd van doping deur die heilig Gees. Die vraag is of dit nie juis valse manifestasie daarvan sou wees nie. Die tale wat in die Bybel gepraat was, was verstaanbare tale wat die verskeie mense teenwoordig in hulle eie taal kon laat verstaan. In hierdie geval was tale gegun vir die uitbreiding van die koninkryk en dit was beslis nie “gebrabbel†wat niemand kon verstaan nie, maar uitgedeel sodat die evangelie die taalgrense sou oorskry. Wat presies gebeur op Pinkster? Vuur het uit hemel soos tonge van vuur op die gelowiges gedaal. en wat sê dit van die moderne valse verskynsel: Openb. 13:13 “Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.†Matt. 7:22 “Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!â€