Bible Answers
Back to questions
Is Siener van Rensburg se voorspellings belangrik?
En dan sal ek graag wil weet van die Siener v Rensburg. ‘n Mens hoor hy was nog nooit verkeerd nie. Die gedagte ontstaan dat met tye verkeerd vertolk word. Siener van Rensburg se voorspellings het baie konneksies met blanke oorheersing en herstel van ‘n vorige bedeling. Die Boeremag en Suidlanders verkry regverdiging vir hulle dade van sabotasie uit interpretasie van sy voorspellings, en die nag van die lang messe wat hulle al paar keer moes aanpas. Ook is baie van sy gedagtes baie oorvleuelend met die St Bartolomeus nag waar werklik 30 000 Protestante vermoor is. Siener se voorspellings het ‘n plaaslike konneksie en het simpatie in regse geledere om weer ‘n aardse oplossing vir Afrikaners. Dit strook egter nie met die getuienis in die Bybel dat die Groot Stryd tussen Christus en Satan bestaan nie. Die oplossing is alleenlik die wederkoms van Christus en nie ‘n aardse Utopia nie. Ook is die ideaal van Siener nie aanpasbaar by die Bybel skrif nie. Gal. 3: 28 “Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. 29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.†Hierdie pas nie in met Siener se realiteit nie! Heb. 11:10 “Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is.†Die Bybel se voorspellings is nie vaag moontlikhede nie, nee, Jesus sê hy gee duidelikheid voordat iets plaasvind sodat ons glo dat God die ware God is wanneer dinge plaasvind! Die voorspellings van beide Siener van Rensburg, en Nostradamus het volgens kenners alleenlik ‘n 15% akkuraatheid. Dus pas dit geensins in by die 100% van God se Woord, die Bybel nie. Joh. 14:29 “En nou het Ek dit aan julle gesê voordat dit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit gebeur.â€