Bible Answers
Back to questions
Is Siener van Rensburg akkuraat met sy voorspellings?
Siener van Rensburg se voorspellings het baie konneksies met blanke oorheersing en herstel van ‘n vorige bedeling. Die Boeremag en Suidlanders verkry regverdiging vir hulle dade van sabotasie uit interpretasie van sy voorspellings en ‘n nag van die lang messe wat hulle al ‘n paar keer moes aanpas. Ook is baie van sy gedagtes baie oorvleuelend met die St Bartolomeu nag waar werklik 30 000 Protestante vermoor is. Siener se voorspellings het ‘n plaaslike konneksie met simpatie in regs geledere om weereens ‘n aardse oplossing vir Afrikanerdom daar te stel. Dit strook egter nie met die getuienis in die Bybel nie, dat die Groot Stryd tussen Christus en Satan plaasvind nie. Die Bybelse oplossing is die wederkoms van Christus en is nie ‘n aardse Utopia nie. Ook is die ideaal van Siener verskillend in Bybel dele. Gal. 3: 28 “Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. 29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.†Hierdie pas nie in met Siener se realiteit nie! Dit pas in met Abraham. Heb. 11:10 “Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is.†Die Bybel se voorspellings is nie vaag moontlikhede nie, nee, Jesus sê hy gee alle inligting voordat iets gebeur sodat ons mag glo dat Hy die ware God is wanneer dit wel gebeur… en dit sal!