Bible Answers
Back to questions
Seuns van God en dogters van die mens wie is hulle?
Vraag met jou invalshoek wie dan die seuns van God en wie die dogters van die mens was? Kyk gerus hierna uit n onbekende hoek. Job 2:1 En op 'n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor die HERE te stel. Vir een of ander rede arriveer Satan wanneer seuns van God vergader en klaarblyklik is hy daar omdat Adam sy plek aan hom afgestaan het want nou het Satan daar gearriveer as verteenwoordiger v.d. aarde en nog ander seuns van God waarskynlik v.d. ander ongevalle wêrelde en let op: Luk. 3:38 “die seun van Enos, die seun van Set, die seun van Adam, die seun van God.†So seuns van God is nie engele of gevalle engele. Hulle is geskape wesens en Adam was duidelik prototipe daarvan. Dit is ook duidelik in Bybel dat engele aseksueel is en nie seksueel aktief en kon dus nie met vroue seksueel verkeer nie, daarom ook Satan se beheptheid met seks omdat ons in God se beeld geskape ook kan voortplant: Matt. 22:29 “Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie. 30 Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.†Soos ek verstaan het nasate van die saad van Set hulself op sekere area gevestig en die nasate van Kain ander area en het apart funksioneer totdat die verleiding v.d. dogters van Kain met krale, grimering ens., die nasate van Set, die seuns van God verlei het deur die twee geslagte weer te laat vermeng. Die nasate was wel manne van naam en sonder bron het v.d. interpreteerders reuse en die Enakiete daaraan gekoppel!