Bible Answers
Back to questions
Seël van God of Merkteken van die dier?
Die Seël van God en merkteken van die dier is kompleks, en ons poog om kripties leidrade gee. Openb. 20: 4 “En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.†Dit is belangrik om te besef dat die voorhoof verteenwoordig intellek en die hand verteenwoordig ons aksies of gedrag. Dit verduidelik dan die merkteken van die dier op die voorhoof en ook op die hand. Sommige gaan doelbewus godsdienstig inkoop in die alternatief en dit werklik glo as korrek en reg. Andere mag onbetrokke wees by godsdiens, en hulle aksie met die inkoop is dus onwillekeurig en sonder noodwendig intellektuele nadenke. Die Seël van God is alleenlik op voorhoof want ons kan net deur geloof gered word en nie deur ons enige werke wat ons mag poog om te doen nie. Het ons n wonderlike voorbeeld in Bybel met betrekking tot mense wat gemerk is – vir of teen God: Ese. 9:3 “En die heerlikheid van die God van Israel het opgestyg van die gérub waar dit op was, na die drumpel van die huis toe; en Hy het na die man geroep wat met linne bekleed was, wat die skrywer se inkpot aan sy heupe gehad het. 4En die HERE sê vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak 'n teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word. 5Maar aan die ander sê Hy voor my ore: Trek agter hom aan deur die stad, en slaan; laat julle oog nie verskoon nie, en moet nie spaar nie; 6slaan dood grysaards, jongmanne en jongedogters en kinders en vroue tot vernietiging toe; maar raak aan niemand op wie die teken is nie, en begin by my heiligdom. En hulle het begin by die manne, die oudstes, wat voor die huis was.†Dit is belangrik om te verstaan waaroor die manne gesug en gesteun het, en so getoon het dat hulle navolgers van die ware God is. Wanneer n mens die hele hoofstuk van Eségiël 8 lees word hiérdie inligting duidelik beskryf. Progressiewe rebellie teen God soos in verse16 beskryf, is baie duidelik as aanduiding van die ooreenkomste van wat ook vandag plaasvind. Ese. 8:16 Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van die HERE; en kyk, by die ingang van die tempel van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf en twintig man, met hulle rug na die tempel van die HERE en hulle gesig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste. 17En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Is dit dan vir die huis van Juda te gering om die gruwels te doen wat hulle hier bedrywe, dat hulle die land met geweld gevul en My nog meer geterg het? Om die uitleg van die tabernakel te verstaan is taamlik belangrik. Die enkel ingang tot die tabernakel is Oos m.a.w. die tabernakel self lê Wes. M.a.w., die nie-navolgers van God het hulle rug na die tabernakel gedraai om sodoende die son te aanskou in aanbidding. Die vraag ontstaan: Wat is die beeld van sonaanbidding en die moderne ekwivalent van sonaanbidding? Geskiedkundige navorsing sal bevestig dit beteken: “Sondag godsdiens en aanbidding†met geen grondslag of bron vir die herdenking van hierdie dag binne die blasie van die Bybel nie. ‘n Interessante feit is dat enige staatshoof ‘n presidensiële seël besit en dit bevat sy Naam, sy posisie en area van jurisdiksie. Die Tien Gebooie maak dit duidelik dat die vierde gebod duidelik die Seël van God is. Exo. 20:8Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. 9Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; 10maar die sewende dag is die Sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. 11Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig Here jou God Skepper Hemel en aarde Bostaande bevestig dat die vierde gebod al die noodsaaklike kwaliteite bevat om as n seël te dien. Dit is n interessante feit dat Bybel die waarskuwing gee met betrekking tot die vyand van God; die dier wat sou doen soos Daniel dit beskryf: Dan. 8:25 “En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende 'n tyd en tye en die helfte van 'n tyd.†Hierdie teks dui duidelik aan dat die Sabbat, Saterdag verander sou word. Daar is talle bronne beskikbaar om te staaf dat die Roomse Pousdom aanspraak maak in hulle rol as kerklike gesag om die kerke vanaf Sabbat na Sondag te verander. Openb. 14:6 “EN ek het 'n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met 'n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. 7En hy het met 'n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.†Hierdie laaste gedeelte verwys tog na die gebooie om die Skepper te aanbid, en beteken sekerlik om Hom te aanbid op SY Sabbatdag, die Sabbat, Saterdag van die Skepping. Sabbat aanbidding alleen is egter nie wat ons red nie, maar wel Jesus wat ons red deur liefde en genade en ons geloof in Hom. Sou Jesus kan waag om ons te red as ons ongehoorsaam sou wees om in Sy voetspore te volg?