Bible Answers
Back to questions
Sabbat wetties, is ons nou onder genade in klankgreep?
Heb. 13:8 “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.†As ons Sola Scriptura glo en, en glo dat God nooit verander nie, dan behoort dit heel duidelik te wees dat enige van God se wette en beloftes ook nie sal verander nie. God het nie n gereelde verandering van gedagte nie. Daarom kyk ons na die sewende dag Sabbat, Saterdag, wat die Here se Sabbat is, wat nog altyd Sabbat was en wat altyd Sabbat sal wees. Let op die voorbeeld in Ese. 8 wat afvalligheid aantoon. Ese. 8:7 “Daarop bring Hy my by die ingang van die voorhof. Ek kyk toe — en daar was 'n gat in die muur. 8En Hy sê vir my: Mensekind, breek tog deur die muur heen. En ek het deur die muur heen gebreek, en kyk, daar was 'n deur. 9Daarop sê Hy vir my: Gaan in, en kyk na die growwe gruwels wat hulle hier doen Wat maak deel uit van hierdie gruwels? Ese. 8:13 “En Hy sê vir my: Jy sal nog ander groot gruwels sien wat hulle doen. 14 Hy het my toe gebring na die noordelike ingang van die poort by die huis van die HERE, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween.†(Tammus was die kind van Semiramis en Nimrod wat Babel gebou het vyande van God.) Ese. 8:15 “En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Jy sal nog ander gruwels, groter as hierdie, sien.†So wat is groter? Ese. 8:16 “Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van die HERE; en kyk, by die ingang van die tempel van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf en twintig man, met hulle rug na die tempel van die HERE en hulle gesig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste. 17 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Is dit dan vir die huis van Juda te gering om die gruwels te doen wat hulle hier bedrywe, dat hulle die land met geweld gevul en My nog meer geterg het?†Die Tabernakel se enkel ingang was en in die Ooste. Navolgers van die ware God hulle rug na die Ooste gedraai wanneer hulle God gaan aanbid. Die bostaande verse dui die grootste gruwel aan as die 25 oudstes wat besig was met sonaanbidding. Sonaanbidding is direk gekoppel aan Sondag aanbidding. Egter weet ons dat die Bybel praat van Seël van God en die merkteken van die dier, en wat leer Ese. 9 ons van hierdie konsep? Ese. 9:2 “En kyk, ses manne kom met die pad van die Boonste Poort wat na die noorde toe lê, en elkeen met sy wapen in sy hand om mee te verbrysel; en onder hulle een man wat met linne bekleed was, met 'n skrywer se inkpot aan sy heupe; en hulle het gekom en vlak by die koperaltaar gaan staan. 3 En die heerlikheid van die God van Israel het opgestyg van die gérub waar dit op was, na die drumpel van die huis toe; en Hy het na die man geroep wat met linne bekleed was, wat die skrywer se inkpot aan sy heupe gehad het. 4 En die HERE sê vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak 'n teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word. 5Maar aan die ander sê Hy voor my ore: Trek agter hom aan deur die stad, en slaan; laat julle oog nie verskoon nie, en moet nie spaar nie; 6slaan dood grysaards, jongmanne en jongedogters en kinders en vroue tot vernietiging toe; maar raak aan niemand op wie die teken is nie, en begin by my heiligdom. En hulle het begin by die manne, die oudstes, wat voor die huis was…†Die grootste gruwel in hoofstuk 8 was die aktiwiteit wat op sonaanbidding gedui het. Die Here bring drie finale boodskappe aan die end van die aarde se geskiedenis. Openb. 14:7 “En hy het met 'n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het†Hier is die oproep in aanbidding van die ware God. Hierdie teks haal aan direk uit die vierde gebod in Exo. 20. Die oproep is om weer die Skepper, God te aanbid en die ware Sabbat aan te neem in erkenning van watter God jy aanbid. Sou jy vra watter Sabbat is die were Sabbat? Markus 2:28 “Daarom is die Seun van die mens Here ook van die Sabbat.†Alle eerlike Sola Scriptura aanhangers moet erken dat dit Saterdag, die sewende dag van die Bybel is. Luk. 4:16 “Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.†Ook is ons sukses as Christene verseker met: 1 Pet. 2:21 Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg; Sola Scriptura steun alleenlik Jesus op die sewende dag ,Sabbat in die kerk. Openbaring 14:4 …â€dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan;†Dit is dus onmoontlik om steun te vind in die Bybel dat die Sabbat afgehandel is. Die Bybel sê dat indien ek een wet breek, het ek aan almal skuldig geword: Jak. 2:10 “Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword. 11Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy 'n oortreder van die wet geword.†Hier word duidelik uit die 10 gebooie aangehaal. Exo. 20:8 “Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Wanneer n mens by Sola Scriptura staan, hoe is mens dan bereid om die een wet wat ons MOET ONTHOU te vergeet? As deel van die Tien Gebooie onderskei dit my as Christen gelowe soos bv. Moslem, Hindu, Godloënaar… en dan wil se dat ek in die Skepper glo? Met Sola Scriptura as grondslag bevestig Paulus dat n testament alleenlik aktief raak met die afsterwe van die testamentmaker: Heb. 9:16 “Want waar 'n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word; 17want 'n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie. 18Daarom is ook die eerste testament nie sonder bloed ingewy nie;†Jesus se bloed wei die laaste testament in, en Jesus sterf die negende uur op Vrydag. Daarna kan niks by sy testament bygevoeg of uitgelaat word nie… en so kom Sondag twee dae te laat. Jesus erken self die Sabbat ook in sy dood, daarom rus Hy in sy graf en staan op vroeg op die eerste dag. Deut. 31:26 “Neem hierdie wetboek en sit dit neer aan die kant van die verbondsark van die HERE julle God, dat dit daar as getuie teen jou kan wees.: Openbaring gee kenmerk van sy volk aan einde van tyd: Openb. 12:17 “En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.†Openb. 14:12 “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.†Openb. 22:14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. Die Here se navolgers gaan die gebooie dien want dit is hulle wat gehoorsaam is aan die Here. In die Tuin van Eden het ‘n boom mense getoets of hulle die Here se navolgers is. Aan die einde van die Aarde se geskiedenis is dit ‘n keuse tussen twee dae wat agtereenvolgend is. Eerstens, Sabbat, die sewende dag waarop Jesus aanspraak maak as SY dag. Tweedens, die eerste dag van die week waarop die Pousdom aanspraak maak dat dit hulle die geestelike reg het (as mens) om God se wet te verander en te spog dat die Protestantse kerke haar dogters is omdat hulle haar dag vir aanbidding gebruik. Sola Scriptura leer ons ook verder dat die Sabbat van die Here ons God nie net ‘n aardse ervaring sal wees nie: Jes. 66:23 “En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die HERE.†Ons sal in alle ewigheid die Sabbat aanbidding benut as die hoogtepunt van die week waarin ons God gaan verheerlik en dien.