Bible Answers
Back to questions
Sabbat siklus, het dit verlore gegaan?
Die bron vir weeklikse siklus is nie a.g.v. die Aarde wat draai rondom sy eie as; of aarde wat die son omwentel nie. Daar is slegs een verklaring. Dit is die Skeppings week soos dit in Genesis 1 gestel is. Die hele ekonomie van die Joodse sisteem is deurspek met 7 en ekwivalente daarvan. Ook nie net weeklikse Sabbat nie, maar ook bv. Sabbatsjaar, ens. Ons vind absoluut nêrens in Bybel enige idee dat die siklus iewers verlore gegaan het nie. Farao vervolg die werkende Jode omdat Moses hulle laat rus het op die sewende dag wat in die en in oorspronklike geskrifte vertolk as;’ hy het hulle laat Sjabat.’ Hierna neem die Here die volk die woestyn binne en meeste sal darem gelyk gee, dat die Godheid sekerlik steeds in beheer is van die korrekte siklus. Daar is in hierdie tyd nêrens enige bevestiging dat iets gemis was of, dat die Here die siklus herstel het nie. Dit is veral duidelik in ag geneem dat die mense op dag 6 dubbele porsies manna moes versamel sodat dit nie oop die Sabbat gedoen moes word nie. Hier vind on ‘n volk van miljoene, wat vir 40 jaar die siklus van Sabbat geheilig het. In die boek Númeri vind ons weereens die bevestiging van die erns daarvan om Sabbat heilig te hou deurdat n man wat op Sabbat vuurmaak hout vergader gestenig word. Meeste historici is gemaklik dat die dokumentasie van die tyd baie effektief en baie akkuraat is, en sodoende ons dit moeilik sou vind om te glo dat die 7 dag siklus nou verlore kon gaan. In die Nuwe Testament vind ons die Skepper van hemel en aarde, en soos dit Sy gewoonte was op Sabbatdae in die sinagoge. Dus is die Skepper gemaklik met die siklus soos Hy dit gemaak het en dit vind in die tyd waarin die Nuwe Testament afspeel. Mal. 3:6â€Want Ek, die HERE, het nie verander nie.†Waarom sou Hy dan iets wat Hy ingestel wil verander? Heb. 13:8 “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.†Matt. 15:9 “Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.†1 Pet. 2:21 “Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;†Ons leer in die ou Testament: Lev. 25:3 “Ses jaar lank mag jy jou land saai en ses jaar lank jou wingerd snoei en die opbrings daarvan insamel; 4maar in die sewende jaar moet daar vir die land volkome rus wees, 'n Sabbat vir die HERE; jou land mag jy nie saai en jou wingerd nie snoei nie.: ‘n Hele volk word in ballingskap geneem vir 70 jaar omdat hulle 490 jaar nie die land elke 7e jaar laat rus het nie. 2 Kron. 36:21 “sodat die woord van die HERE deur die mond van Jeremia vervul sou word: totdat die land vir sy Sabbatte vergoeding gekry het; al die dae van die verwoesting het dit gerus om sewentig jaar vol te maak.†Dan is dit duidelik wat diegene doen wie Jesus lief het: Joh. 14:15 “As julle My lief het, bewaar my gebooie.†Verder is die Sabbat daar as ‘n teken: Ese. 20:12 “Daarby het Ek ook my Sabbatte aan hulle gegee om 'n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, die HERE, is wat hulle heilig. 20 En heilig my Sabbatte; en hulle sal 'n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek die HERE julle God isâ€. Dit is ook duidelik dat dié wat aan einde van tyd lewe, ‘n onveranderlike God dien wie se gebooie hulle bewaar: Openb. 12:17†En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou. 14:12 Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.†22:14 “Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.†Die God van Genesis is ook die God van Openbaring, en die Sabbat arriveer in Genesis voor die sondeval en sal steeds reëel wees na die herstel in die hiernamaals: Jes. 66:23†En elke maand op die nuwemaan en elke week op die Sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die HERE.†Openb. 14:4 “dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan;†Ja Jesus is Here van die Sabbat