Bible Answers
Back to questions
Is name van/vir God en taalgebruik krities?
Die Godheid is kompleks daarom sou dit moeilik wees vir ons as mens om die Godheid uit eie begrip te benaam. Hoe sal ons weet wat sou die regte naam wees? Die Bybel is in Hebreeus, Grieks en Aramees geskryf. Uit watter taal sou n mens besluit, of die keuse maak vir ide korrekte naam? Jesus was Aramees. Die Bybel gee verskeie weergawes van Sy en ons behoort onsself afvra of ons voel dat die Godheid net op een spesifieke Naam sal reageer … dat ek die regte naam en terme moet ken om redding te ervaar. Die Bybel het geen beskrywing of weergawe van so ‘n God nie. Jes. 9:5 “Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors.†Duidelik is nie een van hierdie name voldoende maar almal is baie nodig omdat name altyd n betekenis of karakter beskrywing bevat het in die Bybel. Eks. 3:2 “Daarop verskyn die Engel van die HERE aan hom in 'n vuurvlam uit 'n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie! 3En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie. 4Toe die HERE sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek. 5En Hy sê: Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond. 6Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien.†Hier word van die Engel van die Here gepraat en duidelik is die “Engel van die Hereâ€, Jesus self die hoof van die engele naamlik Jesus as Hoof die aartsengel. 1 Thess. 4:16 “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Hier is Jesus Migael die aartsengel wat die Naam van Jesus is gedurende konflik met Satan. Dan. 10:13 “maar die vors van die koninkryk van die Perse het een-en-twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, MÃgael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië. Dan. 10:21 “Nogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die boek van die waarheid; en daar is nie een wat hom saam met my dapper gedra teen hulle nie, behalwe julle vors MÃgael. Dan. 12:1 “EN in dié tyd sal MÃgael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal 'n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat 'n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan. 2En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik. Wanneer Migael die groot vors optree dan word mense opgewek en dus moet dit Jesus self wees! Jud. 1:9 “Maar toe MÃgael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou!†Openb. 12:7 “En daar het oorlog in die hemel gekom: MÃgael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; 8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. 9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.†God stry sy eie stryd en daarom is Hy die Leier van die engele. Ook sien ons dat Jesus in die Bybel eintlik Grieks met Jesu Christo wat in Hebreeus Jeshua die Gesalfde of Messias is. Egter met name is daar nog God die Vader, Jesus Christus en die Heilige Gees. Die beskrywing in die 10 gebooie om die naam nie ydellik te gebruik nie, is na ander name geswaai omdat ‘Yahweh’ so heilig was. Met tye dat die ou skrifgeleerdes van die Bybel die naam moes oorskryf, het hulle met rituele wassing deurgegaan en met nuwe inkpen begin skryf! Egter word ons gered deur Hom, en deur in sy Naam te glo. Daar bestaan geen steun in die Bybel i.t.v. redding deur korrekte taal gebruik of uitspraak nie. Taal in die Bybel is interessant in die opsig dat in die begin is daar een enkele taal maar dit skep n roete vir sonde en rebellie om maklik te versprei. Gedurende die bou van die toring van Babel na die sondvloed, verwar die Here hulle tale en sodat kommunikasie nie effektief kon plaasvind nie omdat daar rebellie en ongeloof ontstaan het. Bou van die toring ontstaan omdat hulle beweer hulle in God glo maar, net nie vertroue dat God nie weer die aarde sou doop met water nie. Die verwarring vaan tale veroorsaak dat groepe mekaar nie verstaan nie en die bou word gestaak. Selfs met nuwe tale was diegene wie God wou volg steeds in staat om dit te volbring in hull eie taal. Daar is in die Bybel geen verdere sinspeling op taal nie tot ná Jesus se hemelvaart wanneer dit nodig was vir die verspreiding van die evangelie sodat almal dit kon verstaan. Daarom ontstaan die spreek van verskillende tale by die doping van die Heilige Gees op die apostels. Hand. 2:6 “En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek; 7 en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie? 8 En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?†Neem notisie van feite in die volgende teks wat bevestig dat almal erkende tale ontvang het in die teenwoordigheid van baie mense. Dit was genoodsaak deur die behoefte vir die vinnige verspreiding van die evangelie sodat hulle in bestaande tale moes praat vir die begrip van omstanders. Dit was geensins gibberish of gebrabbel nie en het n spesifieke doel gehad! 2 Pet. 1:21 “want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.. Die Bybel wat ons besit is geskryf deur mense wat deur die Heilige Gees gevul was! Egter was verskillende tale van daardie tyd benut om so die Here te loof en lesers te bemagtig. Bybel verwys verder na verskillende tale. Matt. 1:23 “Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.†Mar. 5:41 “Toe gryp Hy die hand van die kind en sê vir haar: TalÃta, koemi! wat, as dit vertaal word, beteken: Dogtertjie, Ek sê vir jou, staan op!†Mar. 15:22 “En hulle het Hom gebring op die plek Gólgota, dit is, as dit vertaal word: Plek van die Hoofskedel.†Mar. 15:34 “En die negende uur het Jesus met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Eloï, Eloï, lamma sabagtáni? wat, as dit vertaal word, beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?†Joh. 1:39 “Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi — dit wil sê, as dit vertaal word, Meester — waar is U tuis?†Joh. 1:42 “Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die MessÃas gevind — dit is, as dit vertaal word, die Christus. Hand. 4:36 “En Joses wie se bynaam onder die apostels Bárnabas was — wat, as dit vertaal word, beteken seun van vertroosting — 'n Leviet, van geboorte uit Ciprus,†Hand. 9:36 “En in Joppe was daar 'n sekere dissipelin met die naam van TabÃta, wat, as dit vertaal word, beteken Dorkas. Sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het.†Hierdie is die som van informasie oor taal wat uit die Bybel verkry is as ‘n logiese beredeneerde God. Ons vind nie die nuanse van redding deur n sekere taal uitspraak nie. Mal. 3:6 “Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.†Heb. 13:8 “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.†Die Satan hou ons besig met detail van dinge terwyl ons met die detail van God besig moet wees! Joh. 1:12 “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;†Die Bybel insinueer op geen plek met geen nuanse die gedagte dat die Hebreeuse deel of Griekse deel, of Aramese deel die regte deel van die Bybel is en dat die ander dele nie aanvaarbaar is nie. Nee die name is ‘n mens geskepte gedagte wat geen fondament binne die kanon het nie en sentreer sterk rondom diegene wat iewers moontlik nog heil sien in die rol van huidige Israel wat ook nie deur die Bybel geleer word nie.