Bible Answers
Back to questions
Moet ek myself laat herdoop?
Hand. 18:25 “Hy het onderrig ontvang in die weg van die Here; en vurig van gees, het hy gespreek en die dinge aangaande die Here noukeurig geleer, alhoewel hy net van die doop van Johannes geweet het.†Hand. 19:4 “Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus. 5En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.†Met Jesus se doop as voorbeeld leer Hy ons verder. Joh. 3:3 “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.†Matt. 28:19 “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.†Die doop in die naam van die Drie-Eenheid as ‘n eenmalige onderdompeling van die persoon na bekering, dien as ‘n teken van die simboliese afsterwe van die sondaar, en die opstanding van die nuwe mens in Christus. Die antitipiese koperwaskom ervaring is eenmalig, want Jesus het slegs eenkeer vir die sondaar gesterwe. Indien ‘n persoon oorspronklik korrek gedoop is volgens hierdie Bybelse riglyne, kan hy/sy kies om ‘n publieke aflegging van belydenis van geloof, eerder as om herdoop te word. Dit is n persoonlike keuse. Voorbeelde van persoonlike redes en opsies: Belydenis van geloof: - Selfs na korrekte doop die begeerte as gevolg van persoonlike uitbreiding en groei in begrip van die waarheid. Herdoop:- As gevolg van die begeerte deur n totale nuwe Teologies ervaring word verkies om die ou weë heeltemal te begrawe, en eerder besin om te laat herdoop.