Bible Answers
Back to questions
Wat is die assosiasie in "Menslike saad?"
Gen. 3:15 “En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.†Hierdie is die bron van die saad. Die gedagte wat volg gaan gepaard met Adam se nasate. Abel en daarna Set, die goeie seuns, en Kain as die saad wat wegbeur vanaf God. Die rede hoekom Abel sterf is a.g.v Kain wat as lakei deur Satan gebruik word deur sy onrustigheid dat die saad van Abel dalk reeds die verlosser sou wees. Hierna gee God steeds genade vir Kain, en merk hom sodat hy nie doodgemaak word nie. Die seuns van God is die nasate van Set, en die dogters Kain is nasate van die mens, dus die menslike saad. Hier bestaan die verwarring dat die “seuns van Godâ€, engele sou wees. Wie is eintlik die “seuns van God†en wie die “dogters van die mensâ€? Job 2:1 “En op 'n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor die HERE te stel.†Vir ‘n onverklaarbare rede arriveer Satan wanneer seuns van God vergader. Klaarblyklik is hy daar omdat Adam aan hom die aarde afgestaan het met die sondeval, daarom kom Satan as verteenwoordiger van die aarde, waar die seuns van God van verskillende ongevalle wêrelde bymekaar kom. Kom ons besigtig Jesus se geslagsregister vir n antwoord: Luk. 3:38 “die seun van Enos, die seun van Set, die seun van Adam, die seun van God.†Dus neem ons waar dat die seuns van God nie engele, of gevalle engele is nie. Hulle is geskape wesens en Adam was duidelik die prototipe daarvan. Dit is verder ook duidelik in Bybel dat engele aseksueel is en nie seksueel aktief en kon dus nie met vroue seksueel verkeer nie. Dit is dan daarom ook dat Satan so ‘n beheptheid met seks veroorsaak omdat ons in God se beeld geskape is en voortplanting plaasvind, iets wat hy gelukkig nooit kon doen nie. Matt. 22:29 “Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie. 30 Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.†Ons verstaan dat die nasate van Set hulself op sekere area gevestig het, en die nasate van Kain in ‘n verskillende area. Hulle het apart gefunksioneer totdat die dogters van Kain met krale, grimering en skrale kleredrag die nasate van Set verlei het. Die seuns van God het korrup geraak a.g.v. die vroue en die twee geslagte het vermeng. Die nasate was wel manlike mense en a.g.v. ‘n tekort van bron het sekere van die interpreteerders “reuse†en die Enakiete daaraan gekoppel!