Bible Answers
Back to questions
Is ons gode? Met verwysing na Psalm 82?
Joh. 10:34 “Jesus antwoord hulle: Is daar nie in julle wet geskrywe: Ek het gesê, julle is gode nie?†Ons moet dalk een vers vroeër begin en lees in Joh. 10:33 “Die Jode antwoord Hom en sê: Dit is nie oor 'n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor godslastering, en omdat U wat 'n mens is, Uself God maak. “ Hier verdedig Jesus Homself teen godsdiens leiers want Hy word verkwalik en gesien as godslasterlik omdat Hy aanspraak gemaak het om Seun van God te wees. Psalm 82:6 “Ek self het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste “ Dawid praat van die rigters as gode seuns en ook in Lukas as bron van die geslagsregister van Jesus is Adam die seun van God en dus ‘n gode seun. In beide die tekste is gode in kleinletters en dus nie benaming van God self nie. Die skrywers bevestig nie dat die mens bonatuurlik is nie, alhoewel in SY beeld geskape, maar besit nie goddelike kenmerke nie. Die mens is nie almagtig, alwetend of alomteenwoordig nie en dus nie godlike kenmerke nie. Egter is die mens in God se beeld geskape en seuns van God, en juis vorm die gesin daardie beeld met eenheid en kinders as verdere beeld waar skep van nuwe lewe ‘n realiteit is.