Bible Answers
Back to questions
Kan ons maar enige dag kies om Jesus te dien?
Ek wonder altyd hoe verdiskonteer Christene die volgende teks: Heb. 13:8 “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.†Hiervolgens verander ons Skepper, en ons Herskepper nie. Hy bly onveranderd en voorspelbaar. Markus 7:7 “Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. 8Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas:†Ons moet dus weet wat is die gebooie van God en wat vorm oorlewering van mense wat nie Bybel en God gefundeerd is nie! Die Skepper God is die bron van die 7 dae week; en op dag 1 skep Hy ruimte wat Hy op dag 4 vul; en dag 2 skep Hy ruimte wat Hy op dag 5 vul; en dag 3 skep Hy ruimte wat Hy op dag 6 vul, waarin Hy ook die mens maak. Dan skep Hy ruimte in tyd in die 7e dag en Hy heilig die tyd en vul dit met Sy eie teenwoordigheid vir gemeenskap met sy Skepping... die mens! Tradisioneel wil mense op hulle verjaardag “verjaar†en op hulle troudag hulle troudag “herdenk!†Hierdie is afsprake in tyd, en net so is die Sabbat ‘n afspraak in tyd met die hoogste en grootste Persone van die heelal. Maar as mens – het ek die reg, en arbitrêr om die tyd en die afspraak skuif??? Nee! Jak. 2:10 “Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword. 11Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy 'n oortreder van die wet geword.†In die 40 jaar in die wildernis het elke Israeliet weekliks ‘n aanskouingsles gehad, want Vrydae het dubbel porsies manna geval, waarvan hulle genoeg kon neem vir voorsiening in die 7e dag, Sabbat nie. Geen daarvan het op Saterdag verrot nie, en dit het die tipologies voorstelling van Jesus in die graf dat Jesus as Verlosser nie die verderf sou sien nie. Daar bestaan Bybels geen bron om nou Sondag te hou nie. Ps. 16:10 “want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.†Petrus met die invloed van die HG in Handelinge 2 wys die verduideliking hiervan vir ons uit. Hand. 2:31 “het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie. 32Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is.†Verder weet ons dat Jesus juis in sy dood ook die Sabbat in die graf gerus het en vroeg op die Sondag die eerstedag van die week opgewek is. Hebreërs bevestig dat Jesus se testament daardie Vrydag 9e uur aktief raak met die sterwe van die testamentmaker: Heb. 9:16 “Want waar 'n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word; 17want 'n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie.†Sondag as Opstandingsdag het geen krag nie. Dit is twee dae ná Christus se afsterwe en sy testament is toe reeds geldig! Lees ook wat die kenmerke vorm van diegene wat eventueel gered sal word: Openb. 12:17 “En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.†Openb. 14:12 “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.†Openb. 22:14 “Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.†Jesus red Sy navolgers wat gehoorsaam is en in sy voetspore stap. Luk. 4:16 “Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.†Mag ons almal verkies om die met die hulp van die Heilige Gees kies om Jesus se gewoontes na te volg.