Bible Answers
Back to questions
Is kerk nodig, en wat is sy kenmerke?
Dit is gerusstellend dat Jesus ons Regter is en geen mens nie want, mense mag hulself dalk die reg toe te eien vir gooi van die eerste klip na jou toe. Joh. 10: 16 “Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.†Matt. 28: 19 “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.†Die vereiste hier is dat iemand die gesindheid van gehoorsaamheid en nie rebels is nie sodat hy/sy geleer kan word. Daar bestaan n moontlikheid dat sommige hulleself buite redding plaas deur trots of hoogmoedigheid en dus nie na Jesus se stem wil luister wanneer dit aangebied word nie. Openb. 12: 17 “En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.†In die Engels vir “ander nakomelinge†word “remnant of her seed†gebruik. So daar is ‘n Oorblyfsel kerk wat steeds die kenmerke vertoon van die eerste rein wit kerk soos gestig deur Jesus en sy volgelinge. Ons moet in oog hou dat Jesus gekruisig is en deurentyd vervolg is deur die groot teoloë van sy tyd; diegene wat aanspraak gemaak het om Jesus se ware kinders te wees. Christus waarsku. Matt. 7: 23 “En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!†Aan die einde van tyd bevestig Openbaring 12:17dat die draak die ware oorblyfsel sal vervolg en soos in Christus se tyd sal dit Bybel gebruikers wees wat agente van Satan sal wees. Moontlik sal jy die volgende glad nie wil hoor nie, maar daar is een denominasie wat hom die gramskap van die Roomse stelsel en afvallige protestantisme op die hals gehaal het want die twee met die draak vorm die valse Drie-eenheid. Geen ander kerkgenootskap word so wyd aangeval en veroordeel soos deur jouself ook gedoen as die SDA kerk nie. Vir my voel ek in goeie geselskap want in Jesus se tyd het diegene wat hulself as Bybel outoriteite gesien het so ver gegaan om die Seun van God te beskuldig dat Hy ‘n duiwel het. Ook bewaar die eindtyd kerk die gebooie van God, en ek glo jy sal moet aanvaar ons praat hier van die Tien Gebooie soos in Jakobus bevestig: Jak. 2: 10 “Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.†Dit sluit dus die atipiese ongerieflike nie van toepassing vierde gebod die Sabbat in. Ook egter het die finale Christen groepering die getuienis van Jesus: Openb. 19: 10 “En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesieâ€. Matt. 24: 24 “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.†Die waarskuwing teen valse profete sal ware profete impliseer, en in die moderne Christen era is daar basies drie groeperings wat aanspraak hierop maak. Daar bestaan egter net een uit die drie genootskappe wat soos Jesus die Sabbat bewaar en behou. Luk. 4: 16 “Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.†1 Pet. 2: 21 “Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;†Ons moet die Bybel studeer om Jesus se voetstappe te kan volg. Openb, 14: 12 “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.†Openb. 14: 6 “En ek het 'n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met 'n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. 7En hy het met 'n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het. 8En 'n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery. 9En 'n derde engel het hulle gevolg en met 'n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en 'n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, 10sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. 11En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.†Wie deel in die ewige lewe? Openb. 22: 14 “Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.†Die oorblyfsel sal daders van die Woord wees. Hulle gedrag sal hulle ken as volgelinge van Jesus hulle Skepper en Sy karakter reflekteer Heb. 10: 30 “Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel. 31Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.â€