Bible Answers
Back to questions
Hoekom word kinders onder 18 aan geloof blootgestel?
Om hierdie vraag korrek te kan antwoord is dit baie belangrik om te kyk na wat ‘n “vryedenker†is (volgens algemene defenisie). Woordeboek se definisie vir: Vry is: om sonder beperking te wees. Dus die persoon is ‘n denker wat dink (en doen) sonder enige beperking. Dink aan die woorde van Spr. 23:7 “Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; ….†Aan die einde van die dag “is jy wat jy dinkâ€. Nou die vraag as ek “vry†dink, waar van beskou ek myself vry van? Die aarde, die mens en die hele heelal is geskape onderhewig aan reels en wette (geestelik en natuurwette). Enige persoon wat gebore word is onderhewig aan die “geloof†wat God daar gestel het. Die mens het egter ‘n baie groot gawe ontvang, die gawe van vrye keuse. Hoe gebruik ek hierdie keuse wanneer die geestelke reels en wette tersake kom? (min kan aan die natuurwette gedoen word). Vryedenker is: iemand wat alle dogmatiese geloof verwerp, = agnostikus. Met ander woorde, as mens kyk na die vraag, hoekom word kinder sonder 18 aan geloof blootgestel, kan mens amper net een gevolgtrekking maak, die persoon wil self nie by Christus uit kom nie en wil ook verhoed dat elke ander persoon by Christus uitkom. Hoekom hierdie gevolgtrekking? Wat glo enige opvoedkundige instansie maar veral die Kommunisme? “Gee my ‘n kind tot om en by 7 jaar, daarna sal hy glo en doen soos ek†Wat is dan die gevolg en of bedoeling van die sogenaamde “vryedenker†se argument en siening? “Gee my die kind tot 18 jaar sodat ek hom kan weg hou van God, dan sal hy daarna ook ‘n agnostikus wees wat alle dogmatiese geloof verwerp soos ekâ€. Hierdie is ‘n duidelike Onbybelse en sataniese uitkyk. Hierdie uitkyk ontstaan nie maklk nie, omdat die mens geskape is om te kan aanbid en geloof en Godsdiens te kan beoefen. Die totale verhouding van die mens as skepsel tot sy God die Skepper was en is wat ons vandag “godsdiens†noem. Hierdie “verbreking†in die verhouding kom deur ‘n baie besliste en duidelike wilsbesluit. Hy bevestig self dat hy so gekies en besluit het. Verbreek of verhoed hierdie verhouding en gehoorsame interaksie met God en die resultaat is Jes.14:12 tot 14, ek, ek, ek, want daar is dan geen kennis of verhouding met Jesus nie. Wat leer die Bybel ons met betrekking tot die saak? Jesus self was van kleins af opgevoed deur sy ouers in die gebruike en kennis van die godsdiens wat die Jode daardie tyd beoefen het. Jesus self het gese, “bring die kindertjies na My toe†Die lewenswyse van ‘n volgeling van God (‘n Christen) ontstaan as ‘n dankbare reaksie op God se heerlike verlossing deur Christus. Indien iemand leef met die uitgangspunt van die verwerping van alle dogmatiese geloof, is die resultaat katestrofies. Die hele wereld bevestig vir ons vandag dat die beginsel van “doen soos jy wil†lei tot die totale chaos waarin ons ons bevind. Ek stem saam met wat reeds geantwoord is, om so ‘n persoon tot ander insigte te bring is net iets wat die Heilige Gees kan doen. Ons kan bid, maar hy moet die deur oop maak.