Bible Answers
Back to questions
Is kerk as instelling nodig?
Die sewe tydperke van kerkgeskiedenis bevestig dat Laodisense die laaste kerk sal wees en dit is die oorblyfsel uit die lou-warm sisteem wat gered word! Daar is eintlik net skape en bokke; alleenlik warm en koud. Daarom is die mediane temperatuur “louâ€, maar die mikpunt is dat daar meer lidmate “brandend†vir Jesus sal wees. Joh. 10: 16 “Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.†Jesus is die Herder met net een kudde. Daarom is ons in ’n meewerkende rol vir die werwing van siele wat deel van die kudde uitmaak. Openb. 18:4 “En ek het 'n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.†As iemand uitgaan en nêrens bereik nie dan is die persoon dwalende! Jesus is Hoof van die kerk en ons is liggaam can Christus. Die samesyn van gelowiges is krities, want een kool tussen baie brand vir n langer tydperk in die vuur as wanneer dit alleen brandend is. Efe. 5:23 “Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. 24Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.†God is, en bly die God van orde! Struktuur georden! Efe. 1:10 :om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig.†Om verenig te wees beteken om saam te staan – on-gefragmenteerd. Laat ons dit koester om deel van Sy volk, Sy gemeente en Sy kudde te vorm. Ons as Sy liggaam het ’n weeklikse afspraak met Hom saam met die gemeenskap van gelowiges! Die Sabbat is gemaak vir die mend.