Bible Answers
Back to questions
Verduidelik asseblief waar praat die Bybel van Jesus Christus en (of in die) die doderyk
Eerste sal ons net moet onderskei of die vraag gaan oor “waar praat die Bybel oor Jesus EN die doderykâ€, of “waar praat die Bybel oor Jesus IN die doderykâ€. Dit gaan beter wees om te fokus op IN die doderyk, want dit behoort ook al, of die meeste van, die “EN die doderyk†verse ook te ondervang. Ons moet ook ingedagte hou dat die Bybel in sekere gevalle baie sinonieme (soortgelyke woorde) met dieselfde bedoelde betekenis gebruik. In hierdie geval van “doderyk†word dit in heelwat plekke soos Ps.18:6; Ps.30:4; Ps.49:15 en Hooglied.8:6 gebruik, maar dit is duidelik dat daar van die “graf†of die toestand van “dood†gepraat word. Wanneer ons al hierdie woorde (doderyk, graf en dood) as sinonieme aanvaar, dan is daar heelwat plekke wat hierdie woorde in konteks met Jesus Christus gebruik. Soos reeds aangehaal is Hand.2:27 en 31; Hand.13:34 en Matt.27:64 ander. Baie belangrik is dat ons na die konteks van die hele Skrifgedeelte moet kyk. Die volgende punt wat ons duidelikheid oor moet kry om die vraag volledig te antwoord is, praat ons van die “doderyk†as ‘n “PLEK†of “’n TOESTANDâ€. Hierdie vraag word dan beantwoord deur die verduideliking van die “toestand van die dode†wat dit dan baie duidelik stel dat die “doderyk†‘n toestand is en nie ‘n plek nie. Dus kan ons dan aanvaar dat alle Skrifgedeeltes in die Bybel wat praat van Jesus in die graf, of as Jesus wat dood is, of begrawe is, kan gesien word in die konteks soos bo bespreek as “Jesus in die doderykâ€.