Bible Answers
Back to questions
Hoekom word terminale siektes nie deur gebede genees nie ?
Die antwoord op die vraag is nie maklik en eenvoudig nie. Wanneer 'n persoon siek is moet ons besef dit is die gevolg van die sonde wat in die wereld ingekom het. Ons het as kinders van die Here die groot voorreg om direk met die Here te kommunikeer deur gebed. So het ons dan ook die voorreg om ons versoeke vir genesing van 'n persoon voor Sy voete te plaas. Soms word die gebede beantwoord en soms nie. Die Here alleen weet egter wanneer 'n persoon se tydjie op aarde verby is of nie. In daardie alweetendheid van Hom laat hy toe dat die siekte sy pad loop of Hy stop die siekte en skenk die persoon genesing. Vir ons wat dan agter bly indiendie persoon sterf is dit belangrik om 'n baie noue verhouding met die Here te behou waar Hy self vir ons die troos, aanvaarding en begrip sal gee dat dit volgens Sy groot genade die regte tyd was vir die persoon om te sterf.