Bible Answers
Back to questions
Is doop nodig?
Ja, doop is nodig. Matt. 3:11†Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.†(Oral in die getuienis van die Bybel, met die offer van Elia en die inwyding tempel dat die offer aanvaar is deur God vuur uit die hemel te laat val.) Joh. 3:3 “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.†1 Pet. 2:21 “Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;†Hierdie tekste steun die feit dat die wedergeboorte ‘n publieke vereiste is as erkenning en betuiging van wat in die hart aangaan. Ook het Jesus Hom laat doop al het Hy nie sonde of ’n ou lewe gehad om af te lê nie. Sy doop was as voorbeeld vir die noodsaaklikheid van die doop - wanneer dit tot beskikking is. Soos met die geval van die dief op die kruis, is daar gevalle waar dit nie moontlik of beskikbaar is nie, maar die hart reg is. Hand. 17:30 “God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,†Ons lewe tans in ’n tyd waarin onkunde nie as ’n verskoning gebruik kan word nie! Daar is ’n volgorde in die doop. Dit is ons eie keuse om deur water gedoop te word maar, die doop met vuur die Heilige Gees is God se keuse. Die doop met tonge van vuur by Pinkster was ’n gebeurtenis as bevestig deur Christus dat Hy Sy belofte nakom deur Dy Gees stuur wat kon plaasvind omdat die Vader sy offer aanvaar het. Die doop met Heilige Gees sal nie nuwe teologie inbring wat Bybelse waarheid verander of neutraliseer nie. Hierdie doop arriveer in die lewens van dié wat hulle fisies laat doop het, en gereed is om deur die Here gebruik te word. Ons moet versigtig wees dat tekens en wonders wat assosieer met moderne gebruik van die Heilie Gees in die sogenaamde lewens van Christene wat nie in Jesus se fisiese en teologiese voetspore loop nie maar lê klem op hulle ervaring. Ons moet op die beginsel en voetspore van Jesus volg en nie op emosie nie ... Satan sal ons so mislei. Matt. 7:22 “Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!†Laat ons doen wat Jesus gedoen het! Wat sê Openb. 14:4 “dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan.â€