Bible Answers
Back to questions
Is die Bybelse Feeste nodig vir moderne Christene?
Dit is interessant dat die Sabbat al reeds met die skepping gevorm is en on lees in die boek Jesaja Hoofstuk 66 die bevestiging dat in die hiernamaals die mens elke week op die Sabbat sal kom om te aanbid. Daar is 95% van Christene wat verwys tot die Joodse Sabbat wat volgens hulle nie toepaslik is op die moderne Christen nie. Tog reken groep uit die moderne Christene herhaaldelik van Joodse feeste en reken hulle moet dit probeer onderhou. Joh. 5: 1 “Hierna was daar 'n fees van die Jode, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.†Joh. 6: 4 “En die pasga, die fees van die Jode, was naby†Joh. 7:2 “En die fees van die Jode, die huttefees, was naby†Dan het ons Paulus wat vroeg baie kreatief is met sy gedagtes sodat hy andere tot God trek: Hand. 17:23 “Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook 'n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan 'n onbekende God.†Dit is baie kreatief maar migreer tot een van sy verdere geskrifte. 1Kor. 2:1 “EN toe ek by julle gekom het, broeders, het ek nie aan julle die getuienis van God kom verkondig met voortreflikheid van woorde of van wysheid nie, 2want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.†Hier is dit duidelik dat dit alleenlik oor Jesus gaan! Vroeër in sy skrywe het hy n volgende benadering. 1 Kor. 9:19 “Want alhoewel ek van almal vry was, het ek my aan almal diensbaar gemaak om soveel van hulle as moontlik te win. 20 Vir die Jode het ek soos 'n Jood geword om die Jode te win; vir die wat onder die wet is, soos een wat onder die wet is, om die wat onder die wet is, te win. 21 Vir die wat sonder die wet is, soos een sonder wet al is ek nie sonder die wet van God nie, maar onder die wet van Christus om die wat sonder die wet is, te win; 22 vir die swakkes het ek soos 'n swakke geword om die swakke te win; vir almal het ek alles geword om in alle geval sommige te red.†Dus het hy roetes benut sodat hy mense op sekere en verskeie vlakke benader sodat hy hulle tot die koninkryk kon trek. Was hierdie n algemene patroon van benadering? Wat die besnydenis aanbetref, het daar ‘n hele sameroeping in Jerusalem plaasgevind. Daar was die besinning dat dit die relevansie verval het. Ter gelyke tyd was daar die verwagting dat dit afgeskaf sou word as ‘n uitgediende sisteem, moes hulle die Joodse jaar met die sewe feeste onthou en dat die Lente en Herfs feeste nog relevant sou wees. Gal. 3:26 “Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; 27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. 28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. 29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.†Nou is ons almal geestelike Israeliete waaruit die vraag ontstaan - wat beteken dit? Vir drie can die feeste moes die deelnemers uit verre dele vertrek tot in Jerusalem. Hoe sou dit moontlik kon wees in moderne Christenskap? Ook bevestig Daniël 9 dat die Gesalfde, die Messias dan nou in die middel van die 70ste week (in 31nC) deur Sy kruisiging, die slagoffer en spysoffer sal afskaf. Dan. 9: 26 “En na die twee en sestig sewetalle sal 'n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van 'n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met 'n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings. 27 En hy sal een week lank met baie 'n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou;†Mar. 15: 38 “En die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur van bo tot onder.†Nou verval die Joodse stelsel van offers want die skaduwees wat na Christus gewys het word vervang deur die ware nl. Christus self. Hierna vind Jesus se hemelvaart plaas en by Sy Vader begin Hy met die hemelse bediening as Hoer Priester. Heb. 8:1 “Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dit: Ons het so 'n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele, 2 'n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie 'n mens nie.†Dit is krities dat “tipe†en “antitipe†verstaan is. (Antitipe Definisie: ‘n persoon wat geïdentifiseer word deur n vroeër simbool of tipe. Bv. ‘n figuur in die Nuwe Testament wie deur n Ou Testamentiese persoon sou vergelyk. M.a.w. in kontras met die vorige: Jesus en Abraham.) Dit toon dus aan dat die tipe onbelangrik is teenoor die antitipe. Tipe is soos die negatief van ou foto waarna ‘n mens kan kyk en n idee skep van wat in die beeld is. Met die ontwikkelde foto in die hand is daar geen rede dat die negatief herbesoek word nie. Daar is die gedeelte in Bybel wat sommige wil gebruik sodat hulle Kan neutraliseer wat die Bybel ons leer oor die sewende dag … Sabbat. Ons leer allermins dat die Sabbat geïgnoreer mag word maar hoe lees dit en wat leer dit dalk? Kol. 2:14 “en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael,†Vanaf die gebeurtenisse in die tuin van Eden was daar vooruit verwys tot die ware prys wat Jesus sou kom betaal. Eindelik arriveer die prys, en die skuld word vereffen. Nou kyk ons terug en maak aanspraak op die prys wat vir ons betaal is in die moontlikheid van ons redding. Kol. 2:16 “Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot 'n fees of nuwemaan of Sabbat nie, 17 wat 'n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.†Let op dat die nuwe mane die bepalende faktor was van wanneer die Joodse feeste plaasgevind het. Daarom was daar seremoniële Sabbatte teenoor die weeklikse Sabbat en wanneer die twee super imponeer het ons die sogenaamde “High Sabbath.†John 19:31 “En dat die liggame nie op die Sabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereiding was — want die dag van daardie Sabbat was groot — het die Jode Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggeneem moes word.†In die NK JV less die Engels as volg: “The Jews therefore, because it was the preparation, that the bodies should not remain upon the cross on the Sabbath day, (for that Sabbath day was a high day,) Steeds leer die informasie ons van die plan van verlossing.