Bible Answers
Back to questions
Is die skepping 7 letterlike dae?
Die Bybel bevestig in Genesis dat in die begin die hemel en aarde geskape is. Dit is egter die gedagte dat God “ex nihilo†geskape het; dus om te skep uit niks, of gespreek en dit was, of gebied en dit staan. Ons raak gekonfronteer met bv. koolstof datering met radioaktiewe verval en arriveer by miljoene jare. Die vraag is, kan ons spekuleer dat daar dalk materie of hemel liggame bestaan het wat iewers, eons in die verlede deur God gevorm was? Die vraag knoop ons vas in die spekulasie: “Waarom sou God ‘n non funksionele hemelliggaam vorm sonder doel. Gen. 1:8 “En dit was aand en dit was môre, die tweede dag.†Die enigste konnotasie van hierdie woorde in die oorspronklike taal is alleenlik “24uur†en geen ander verklaring! Die volgende teks bevestig dat daar nie progressiewe evolusie uit enige iets bestaan nie. Nee! Heb. 11:3 “Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.†Ps. 33:6 “Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër. 9want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan.†Die skeppings week in Genesis sowel as die reddings week in die vier evangelis in die Nuwe Testament skep alleenlik die indruk dat beide, letterlik uit sewe dae bestaan het. Wanneer ons vertrou op die Godheid vir die hiernamaals, is ons geloof en begrip van die letterlike sewe dae skeppings week die ware realiteit. Jes. 66:22 “Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die HERE,†Openb. 21:1 “En ek het 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.†Daar bestaan geen beskrywing in die Bybel dat die herskepping in die hiernamaals verskillend sou wees vir God wat spreek; en dit is ... gebied; en dit staan nie. Herkenning van die ware Skepper waarby die afsluiting van die skeppings week deur die Sabbat gevolg is; wat ook die vierde gebod en bevestig word deur is vir enige Sabbathouer gemaklik om in ‘n letterlike sewe dae skeppings week te glo!