Bible Answers
Back to questions
Vraag oor tale (1 Korintiers 14 vers 2)
1Korintiers 14 vers 2. “Want hy wat in n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God, want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.†Hier is skakel van Eben de Jager oor die praat in Tale. Luister gerus na sy uitstekende verduidelikings. https://www.youtube.com/watch?v=ixkaYgiBp58 https://www.youtube.com/watch?v=F5gdeaxNHi4 https://www.youtube.com/watch?v=_C2C9KXa9wY  1 Kor 12 handel oor genadegawes waarvan die spreek intale een is. Dan sluit Paulus dié gedeelte af met vers 31: “Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle 'n nog uitnemender weg.† Die “beste gawes†waarna Paulus verwys, is die liefde, soos wat hy dan in Hoofstuk 13 verwoord. Daar is twee sieninge oor die gawe van tale soos ons lees in hoostuk 14: Dat die gawe van tale soos in hoofstuke 14 uiteengesit, moet gesien word in die lig van die verskynsel van die gawes van tale, uitgestort op die dissipels op Pinksterdag, soos beskryf in Handelinge 2. Aangesien daar baie mense van verskillende tale en dialekte in Jerusalem was, is hierdie gawe van tale aan die dissipels gegee om tale wat hulle vroeër nie kon praat nie, te kon praat sosdat almal die boodskap van Jesus in hulle eie taal kon hoor en verstaan. Maar hierdie gawe is deur die Korinthiërs misbruik deur in ‘n vreemde taal in die kerk te praat wat deur niemand verstaan kon word nie en beslis nie tot stigting en ordelikheid binne die kerk gelei het nie. Die tweede sioening is dat die verskynsel van die spreek in tale verskil van die praat in tale in Handelinge 2. Die vreemde taal ( of klanke) was nie die gewone mense-taal nie en dus kon niemand dit verstaan tensy iemand teenwoordig was wat oor die gawe van die Gees van die uitleg van tale beskik het nie. (1Kor 12:10). Die doel hiervan sou dan wees om: Die geloof van nuwe bekeerlinge te bevestig ( 1Kor 14:22; Hand 10â€44-46, en 11:15.) Persoonlike, geestelike opbouing te voorsien. (1 Kor 14:4). Diy was die misbruik van hierdie gawe tydens publieke byeenkomste, instede  van private, persoonlike opbouing wat Paulus in 1 Kor 14 veroordeel. Die gawe van tale soos beskryf in Handelinge 2 is verskillend as die gawe van tale in Korinthiërs. Kyk na die einskappe van die  gawe van tale in Korinthiërs: 1.Die gawe is ondergeskik aan profesie 1 Kor 14:1 2.Die spreke in tale spreek tot en nie tot mense nie Vs 2 3.Niemand het die spreek in tale verstaan nie Vs 2 4.Die spreker was “in die gees†- ‘n ekstatiese toestand 1 Kor 14;2, 14 , vergelyk met Open 1:10 5.Die spreker spreek “verborgenhede†- “Verborgenhedeâ€: Iets wat God aan diegene wat gewillig is om Sy openbaringe te ontvang.  Die verborgenheid van God behels die hele verlossingsplan, ‘n geheimenis. 1Kor 14:2 Romeine 11:25 6.Die spreker stig homself en nie die gemeente 1Kor 14:4 7.Paulus wens dat almal hierdie gawe kon besit Vs 5 8.Die spreker moes bid dat hy dit sou kon uitlê sodat die gemeente daardeur gestig sou kon word Vs 12,13 9.Die spreker se verstand is “onvrugbaar†wanneer hy in so ‘n taal praat – hy verstaan dit nie en dui daarop dat die ondervinding nie een van bewustelikheid is nie. Vs 14 10.Die gawe was ‘n teken vir hulle wat nie geglo het nie Vs 22  11.Dié gawe moes slegs gebruik word wanneer daar ‘n uitlegger teenwoordiger was Vs 27 12.Die Korinthiërs moes nie verbied word om in tale te praat nie. Vs 39 Pauls se hele doel met hierdie bespreking was om die regte plek van spreek in tale uit te lig en teen die misbruik daarvan te waarsku.