Bible Answers
Back to questions
Die Wierookbak is in die Heilige gedeelte van die Heiligdom. Maar Kyk wat sê Hebr 9: 2-4.
Hebr 9: 2-4. - “Want die tabernakel is so ingerig: die eerste, waarin die kandelaar was en die tafel en die toonbrode, wat die Heilige genoem word; en agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste, waarin die goue wierookbak was en die ark van die verbond, rondom heeltemal met goud oorterk…..†Op die oog af lyk dit of die plek van die “wierookaltaar†problematies is, aangesien in die antieke Heiligdom dit in die eerste gedeelte of die Heilige gestaan het. (Ex 30:6). Die SDA- Bybelkommentaar ( Vol 7, bl 449) verduidelik as volg: - “It is to be noted that the auther does not state that the altar of incense stood in the second apartment; but only that the “most holy†had the altar. The word “had†may be rendered “containâ€, but this is not its only or necessary meaning.†Die verband tussen die altaar en die Allerheiligste, soos in hierdie tekste aangedui, mag wees dat die funksie van die altaar baie nou verband gehou het met die Allerheiligste. Die wierook wat daagliks op die altaar gebrand was, was gerig op die Versoendeksel, “mercy seatâ€, in die Allerheiligste. Daar het God Sy teenwoordigheid tussen die twee beskut-engele geopenbaar, en soos die wierook saam met die gebede van die aanbidders opgestyg het, het dit die Allerheigste asook die Heilige gevul. Die gordyn wat die twee afdelings geskei het, het nie tot teen die plafon gereik nie, maar was slegs halfpad. Die wierook kon dus in die Heilige gebrand gewees het (die enigste plek waar gewone priesters kon ingaan), en tog ook die tweede afdeling bereik het – die plek waarheen dit gerig is. In I Kon. 6:22 word die wierookaltaar beskryf as horende tot die Allerheiligste (“by the oracleâ€), menende dit hou verband met die Allerheiligste plek, of horende tot die Allerheiligste plek.