Bible Answers
Back to questions
Vind Johannes 14:1-3 plaas na Openbaring 20: 11-15?
Johannes 14: 1-3 is Jesus se belofte aan Sy dissipels dat Hy plek vir Sy kinders gaan voorberei en weer gaan kom. Hier gedeelte verwys na die Wederkoms wanneer Jesus Sy kinders kom haal. Die goddelose dooies bly in hulle grafte en die lewendige goddelose word deur Christus se verskyning verdelg. Openbaring 20:11-15, die toneel van die Groot Wit Troon, vind plaas gedurende die Millenium wanneer die goddelose geoordeel gaan word. Die Boek van die Lewe bevat die name van alle mense wat hulle bekeer het en hulle sonde vergewe is. Gedurende die Ondersoekende oordeel voor die wederkoms word hierdie boeke nagegaan en almal geoordeel volgens hulle dade en of hulle sondes vergewe is. Indien daar nog onbelyde sondes teen name staan, word hulle name uit die Boek van die Lewe verwyder. 1Kor 6: 2: “Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie?†Gedurende die 1000 Jaar, wanneer die verlostes in die hemel is, word die name en lewens van die goddelose nagegaan: Vs 12: “En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.†Vs 15: “En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die Boek van die Lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.†Die voltrekking van die vonnis van die goddelose sal plaasvind aan die einde van die 1000 jaar wanneer die Nuwe Jerusalem met al die heiliges na die aarde neerdaal. Die goddelose, die dood en die doderyk sal dan in die poel van vuur gewerp word, en God sal ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde skep. Open 21: 1-3. Lees ook Open 20: 1-6.