Bible Answers
Back to questions
Hoe weet ons dat die wolke engele voorstel?
Openbaring 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen! Let wel Hy kom MET die wolke Wat is die wolke? Psalm 104:3 wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel, Hy maak van die WOLKE Sy WA. Nou waarvan is die wa gemaak? (Terloops Paulus vertel ons ook dat die winde Sy Engele is en ook vuurtonge in Hebreers). Psalm 68:17 (68:18) Die waens van God is tien duisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid. Wie is die tien duisende ,duisend maal duisende? Mattheus 24:30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. Die Seun van die Mens kom met/tussen/op die wolke 2 Thessalonicense 1:7 en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele Hy kom met Sy engele uit die hemel. Mattheus 25:31 En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; Al Sy heilige engele kom met Hom saam So hoe kom die Here? Hy kom met al Sy Engele.En die waens waarop Hy reis is Sy Engele. Hoeveel Engele? Almal.Tien duisende,duisend maal tien duisende. Openbaring 5:11 Toe sien ek, en ek hoor ‘n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal was tien duisende van tien duisende en duisende van duisend Handelinge 1:9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. Handelinge 1:10 En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, Handelinge 1:11 wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het. Die Engele is die getuies ,die boodskappers en hulle word ook uitgestuur met die swaard. Hulle was teenwoordig by die aankondiging van Sy geboorte by Sy Opstanding en by Sy Hemelvaart.