Bible Answers
Back to questions
Homoseksualiteit
Die mens se Godsbeeld speel ‘n uiters belangrike rol in die interpretasie van die Skrifte. ‘n Skewe beeld van God is (i) ‘n wettiese God wat reg staan om die mens te veroordeel en te straf; (ii) ‘n “liefdevolle†God wat die sonde verskoon en dit nie as ernstig afmaak nie. As ons die kruis aanskou, sal ons besef wat die prys is wat ons vir ons sondes betaal is. God haat sonde, maar het die sondaar lief. Sonde is ‘n oortreding van God se Wet ( Rom 5:13). Die Wet is die uitdrukking van God se karakter. Satan het die lewe ‘n verhandelbare komoditeit gemaak. Daar is bitter min mense wat nie gekoop of verkoop kan word nie. Daar is geen vlak waartoe die mens nie sal daal as dit lyk asof die publiek dit wil hê nie. God is heilig en wil hê dat die mens ook ‘n heilige lewe moet lei. Ons liggame is ‘n tempel van God met die inwonende Heilige Gees. (Rom 12: 1,2). Die Bybel veroordeel homoseksualiteit onomwonde. Hy het die huwelik tussen man en vrou ingestel as die hoogste uitdrukking van die liefde tussen twee persone van die teenoorgestelde geslag. Homoseksualiteit is ‘n feit. Baie navorsing is al gedoen oor die redes daartoe, maar dit is nie nou ter sake nie. Kinders wat met Down-sindroom gebore word, bv, het sekere beperkings in die lewe waarmee hulle saam moet lewe. Dieselfde met homoseksualiteit. Daar is ook beperkinge in homoseksualiteit: verhoudings moet platonies wees, waar seks nie ‘n rol speel nie. Daar was beslis sekere kulturele bepalinge wat binne die konteks van tyd bestaan het, soos bv in die Mosaïse wette vervat word. (Lev 19:19 en 27). Selfs in Nuwe Testamentiese tye was daar sekere kulturele gebruike ( 1 Tim 2: 9-11 en 1 Kor 11:5-6). Ons moet egter onderskei tussen kulturele gebruike en morele sake. Sodom was bekend vir sy verdorwenheid en lae morele standaarde. Die manne wat by Lot se huis opgedaag het om die engele te verkrag, was maar net ‘n teken van hulle vervalentheid en daaroor het God die stad met vuur vernietig. Jy kan nie homoseksualiteit oor dieselfde boeg gooi as gewone kulturele sake nie. Dit is ‘n morele kwessie. Slegs wanneer jy die Bybel as die Woord van God aanvaar, die “so sê die Hereâ€, kan jy praktiserende homoseksualiteit as sonde insien. 1 Kor. 6 verse 9 -11 veroordeel onder andere homoseksualiteit saam met ander morele sondes soos afgodediens en onsedelikheid as sondes wat mens uit die Koninkryk van God sal hou. Maar dan kom ver 11 en sê: “ En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van God.†Homoseksualieteit is nie ‘n sonde nie, maar wat daarmee gemaak word, is en bly sonde in die oë van die Here.