Bible Answers
Back to questions
Wat is toelaatbaar op Sabbat?
Wat sê die Bybel? Hier is riglyne wat vir ons aandui hoe om die Sabbt deur te bring sodat dit vir ons ‘n vreugde eb verlustiging kan wees: 1. Exodus 20:8-11 “Die Sabbat herinner ons aan God as die Skepper van hemel en aarde.†Watter beter manier is daar dus as om tyd in die natuur deur te bring. 2. Deut 5:15 “Die Sabbat is ‘n teken van ons verlossing uit die slawehuis van sonde.†Dit is dus ‘n dag van danksegging en toewyding aan ons Verlosser vir die groot prys wat Hy vir ons betaal het. 3. Eseg. 20; 12,20 “Die Sabbat is ook ‘n teken van ons verhouding met God dat Hy ons heilig.†Heiligmaking is ‘n proses van ‘n leeftyd waarin ons onsself elke dag opnuut aan God moet toewy. Die Sabbat herinner ons aan die werk van die Heilige Gees om ons vir die hemel voor te berei. 4. Sabbatsure: Van sononder tot sononder. Lev 23:32 - Vrydagaand as die son sak begin die Sabbat en sluit weer met sonsondergang Saterdagaand. 5. Vrydag is ‘n voorbereidingsdag vir die Sabbat. Ex 16: 22-24; Mark 15:42 - Die Israelite moes ‘n dubbele posie manna op ‘n Vrydag optel vir die Sabbat. Ons moet al ons huiswerk, skoonmaakwerk en kosvoorbereiding vir die Sabbat op ‘n Vrydagaand doen. Geen kosmaak, kook, bak en naaldwerk op die Sabbat nie. Jy kan wel die voorbereide kos op ‘n Sabbat warmmaak waar nodig. 6. Moenie jou gewonde gang op die Sabbat gaan nie. Jes 58:13,14 ; Jes 56 :1,2 ; Jer 17: 21,22 - Gewone gang beteken dié dinge wat jy normaalweg gedurende die week doen nie. Enkele voorbeelde: Televisie-kyk, radio luister; koerante en tydskrifte lees, allerlei wêreldse funksies bywoon, en enigiets wat jou aandag van die Skepper=God sal aftrek. 7. Jesus se voorbeeld van Sabbatonderhouding: Luk 4:6 ; Marr 12: 10-12. - Jesus het sendingwerk op die Sabbat gedoen deur die mense te leer, hulle siekes gesond gemaak. 8. Rus is die kernwoord van die Sabbat: Liggamlik, verstandelike en geestelik. Luk 23:56. 9. Maak die Sabbat ‘n dag van verlustiging. - Bewonder die skeppingswerk in die natuur; - Doen evangeliewerk. Matt 24:14. - Reik uit na hulpbehoewendes. Matt 25: 35. 36 - Verlig mense se laste. Luk. 13:14-17 - Besoek siekes en mense wat aanmoediging nodig het. Matt 12:10-12 10. Woon Sabbat-dienste by. Lukas 4:16. 11. Bestudeer die Bybel. Hand 17:11. 12. 12. Hernu jou verhouding met Jesus. Matt 11:28-30. Wees ten alle tye ‘n voorbeeld sonder om aanstoot te gee vir jou gesin wat nie soos jy glo nie. Wees opgeruimd en vol dankbaarheid op die Sabbat sodat ander ook kan sien watter positiewe effek die Sabbat op jou verhouding met God het.