Bible Answers
Back to questions
Wat beteken; "God reik uit na die *hand* van ons geloof?â€
Eers twee teksverse: Romeine 5:8 “maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.†Johannes 3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.†Geloof in Jesus as Verlosser is die sleutel tot ons verlossing. Jesus het vir die sondes van die hele wêreld gesterf, maar slegs diegene wat Sy Soenoffer persoonlik en in geloof aanneem, sal gered word. Die woorde: “God reik uit na die hand van geloof†wys eenvoudig daarop dat God diegene wat in geloof tot Hom kom en in Hom glo as persoonlike Saligmaker, sal red. Die “hand van geloof†is simboliese taal vir ons in ons uitreiking en aanname van Jesus. “Reik uitâ€, verwys na ons aanname deur God omdat ons in Hom glo. God is getrou en sal Sy beloftes nakom. Hy belowe ons die ewige lewe.. 1 Johannes 3:1 “KYK wat ’n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.†Matteus 9 verse 18 tot 22 vertel van die vrou wat twaalf jaar aan bloedvloeiing gelei het. Sy het letterlik haar hand in geloof tot Jesus uitgesteek sodat sy die soom van Sy kleed aanraak, maar dit wat was ‘n geloofsdaad. En Jesus het haar geloof erken deur stil te staan en na haar uit te reik en vir haar gesê: jou geloof het jou geredâ€. Wanneer ons in geloof tot Jesus kom, reik Hy uit na ons en red ons, neem ons aan, vergewe ons en plaas ons voete op die pad na die ewige lewe.