Bible Answers
Back to questions
Is die millenium profeties?
Al die profetiese voorspellings en dit wat met tyd te doen het, het direk of indirek te doen met die wederkoms (tweede koms) van Jesus Christus wanneer die millennium begin. Alle profetiese inligting is daar gestel as hulp tot die mensdom vir die voorbereiding vir die koms van Jesus. Dit is ’n tyd waarin inligting versamel moet word en ook uitgedeel moet word met betrekking to die eindtyd. Openb. 20:6 “Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank. 7En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;†1 Thess. 4:16 “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. 18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.†Terugflits: Dan. 8:14 “En hy het vir my gesê: Tweeduisend-driehonderd aande en môres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word. Hierdie is die langste tyds profesie wat reeds in 1844 uitgeloop het. Ons lewe tans in die era waarin Matt. 24 net die goeie nuus van Jesus bevestig. Hierdie nuus moet aan almal verkondig word en dan eers sal die einde kom! Die millennium begin met Jesus se tweede koms en dus is voorspellings en profetiese dimensies nie meer nodig. Hier is die mens terug by realiteit in tyd saam met Christus in die hemel. Wat doen ons daar? Ons gaan God se oordeel ondersoek wat in 1844 begin het toe Hy die antitipiese Yom Kippur, of Groot Versoendag begin het; deur die jaarlikse aktiwiteit as Hoëpriester te vervul deur die Allerheiligste in die hemel te betree. https://www.amazingfacts.org/media-library/study-guide/e/4989/t/1000-years-of-peace