Bible Answers
Back to questions
Verassing of begrawe?
Gen 2:7 sê: “Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het.†En Gen 3:19 sê: “ … net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.†En dan sê 1 Kor 15:51 en 52: “Kyk, ek maak 'n geheimenis aan julle bekend: Ons sal nie almal sterwe nie, maar ons sal almal verander word. By die laaste trompet sal dit in 'n oomblik, in 'n oogknip gebeur, want die trompet sal weerklink, en die dooies sal as onverganklikes opgewek word, en ons sal verander word.†Soos God die men suit die stof van die aarde geskape het, is Hy ook in staat om weer uit die stof van die aarde die dooies te herskep. God is nie gebonde aan die spesifieke bietjie stof waaruit jy bestaan het nie. Dit gaan of jy ‘n geredde kind van die Here is; of jou naam in die Boek van die Lewe geskryf staan. Die martelare wat op brandstapels verbrand is, of kinders van die Here wat in die see verdrink het en deur die visse opgevreet is – is hulle nou verlore? Nooit! Open 20:13 sê: “Die see het die dooies teruggegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dooies teruggegee wat in hulle was, en oor elkeen is geoordeel volgens wat hy gedoen het.†“Uit die grafte opstaan†verwys eenvoudig na God se herskape van die dooies, of die opstanding van die dooies, in die Laaste dag by Sy wederkoms. Dit is simboliese taal wat verwys na diegene wat tot die Ewige Lewe opgewek/herskape gaan word, oor wie die dood geen mag het nie.