Bible Answers
Back to questions
Is daar lewe op ander planete?
Deut 29:29 sê: “Die verborge dinge is vir die Here onse God; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid om te doen al die woorde van die wet.†Ons kan as nietige mens nie die grootheid en majesteit van God die Skepper God van die hemel en die aarde begryp nie. Dit sal ook nie wys wees om te bespiegel oor dinge wat die Bybel nie duidelik vir ons vertel nie. Dit wat wel aan ons geopenbaar is, is voldoende vir ons verlossing. Die Bybel sê nêrens dat daar ander wesens op ander planete is nie. Dit is afleidings wat ons maak. Daar is egter ‘n paar tekste wat impliseer dat die “seuns van God†en die “môre sterreâ€, verteenwoordigers van ander planete kan wees. Job 1: 6 En op ’n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom. OAV. Die 1983-vertaling praat van “hemelwesensâ€. Adam was die verteenwoordiger van die aarde, maar met die sondeval het hy sy reg aan satan afgestaan en derhalwe kon satan die aarde voor God verteenwoordig. Christus het egter my Sy dood hierdie reg teruggewen en Hy is nou die aarde se verteenwoordiging in die hemel. Job 38:7 Toe die môre sterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het? Met die skepping van die aarde het al die verteenwoordigers van ander wêrelde saam gejuig oor die skoonheid van ons planeet. Eksoplanete is planete buite ons sonnestelsel wat om ‘n ster, soos ons son, draai. Meer as 3 000 Eksoplanete is al ontdek, met ‘n paar dosyn met “bewoonbare sonesâ€, bedoelende dat hulle moontlik toestande besit, geskik vir lewe. Ten minste soos ons dit ken. Job 38 besing die Almag en majesteit van die Skepper-God. Hoe nietig is ons as mensekinders nie en hoe ver skiet ons nie te kort aan insig en verstand as dit by die dinge van die Here kom nie.