Bible Answers
Back to questions
Moet ons aanhoudend smeek vir leiding vanaf God, of vra ons slegs eenmaal en vertrou dat Hy sal help in Sy eie tyd?
Dis ‘n baie interessante vraag en daar is baie fasette omtrent die antwoord. Daar is nie net ‘n eenvoudige antwoord hierop nie. Om te illustreer – die Romeinse Hoofman oor 100 wie se werker siek is kom soek leiding by Jesus ten opsigte van sy siek werker. En wanneer Jesus met hom wil saamgaan dan sê hierdie hoofman – dis onnodig, hy verstaan gesag en weet hoe werk dinge. Jesus spreek net, dan is dit gedoen. Wat hier duidelik ter sprake is dat ons moet ‘n baie deeglike begrip hê van wie God regtig is. Ons moet opreg voor God kan staan in verwondering van hoe Ontsaglik Hy werklik is, Hy is die Almagtige God wat hemel en aarde geskep het, wat in beheer is en sekerlik Alwys, Algenoegsaam, Alwetend, Alomteenwoordig is. Ons moet deeglike respek en eerbied vir Hom hê en omdat Hy ons geskape het tot in die fynste besonderhede en ons ken bó enige iemand en moet ons Hom liefhê met alles wat in ons is. Maar ook omdat Hy ons herskep en verlossing moontlik maak en dis juis hierdie punte dat Hy ons Skepper en Her-Skepper is wat ons tot aanbidding van Hom laat oorgaan. Hy is die enigste Een wat aanbiddenswaardig is. Met hierdie besef mag mens Hom glo en vertrou en kan ons met vaste wete weet dat Hy ons die leiding sal gee wat ek van Hom verlang. Dis een faset. Maar dan is daar ook die groot vraag van vandag. As voorbeeld – ek staan hier op ‘n punt in ons lewe en ek moet besluite maak, moet ek ons huis verkoop of moet ek nie, moet ek trek of moet ek bly, moet ek die aanbod vir ‘n nuwe pos aanneem of moet ek nie? Ek wil graag van die Here hoor, ek wil van Hom af leiding kry. Maar hoe nou? Moet ek God net een keer vra en dit dan los of moet ek aanhou om Hom te soek en te vra? Albei hierdie punte is geldig. Soos met die hoofman – as die vraag gevra is en ek glo, dan kan ek aanneem dat God ons gebed gehoor het en dat Hy dit sal beantwoord. Ek kan dit dus in Sy hande laat en vertrou dat Hy sal beantwoord. Dit beteken agter nie dat ek nou moet ophou om met Hom daaroor te praat nie. Maar daar is ook heelwat riglyne in die Bybel waarna ons kan let. Jesus self gee vir ons die riglyne. Hy leer dit vir Sy dissipels in Mattheus. Ek gaan so paar praktiese riglyne vir jou hier neerpen. Ek hoop dit beantwoord jou vraag. Indien nie – laat weet asseblief en ek kan jou baie meer inligting oor die onderwerp gee. 1. Soek Skrif gedeeltes wat soortgelyk is aan jou situasie of dit waaroor jy leiding wil bekom. Bestudeer daardie gedeeltes en kyk hoe die Here daar gelei het. 2. Vas – nie noodwendig van eet nie, jy kan byvoorbeeld vas deur op te hou TV kyk vir ‘n periode (voorbeeld) en Bid. Veral as dit ‘n belangrike aangeleentheid is waaroor leiding gesoek word. 3. Vra geestelik volwasse vriende wat hulle dink en wat hulle sou doen. Dikwels is kollektiewe wysheid gesoek in die Bybel. 4. Let op na hoe God in jou lewe intree, hoe Hy subtiel deure open en jou in die rigting stuur. Met ander woorde wees bewus van God in jou lewe. Mens moet ingestel wees om kennis te neem van God se ingrype in jou lewe anders sal mens dit mis. 5. Nadat jy die riglyne hierbo in ag geneem et en vir ‘n tyd oor jou situasie gebid het, wag dan tot jy vrede in jou gemoed en jou innerlike wese het voor jy optree. Dis altyd 'n saak van geloof en vertroue in God soos ek begin het met die Hoofman. Hier is 2 voorbeelde van individue wat God se wil vir hulle lewe gesoek het. Handelinge 13:1-3 Handelinge 16:6-10