Bible Answers
Back to questions
Is daar wel steeds 'n Ware kerk en profeet?
Oorblyfsel en kenmerke: Openb. 12:17 “En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.†Die nakomelinge in die ware kerk het dus hoë premie op die Tien Gebooie en die getuienis van Jesus. Wat sou dit wees? Openb. 19:10†En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.†Die laaste oorblyfsel sal weer 'n profetiese gees openbaar wat in pas met Jesus in wat in Matt 24 en daarom waarsku Hy ons teen valse profete. Ook steun van die Tien Gebooie is kenmerk van die oorblyfsel. Die gehoorsaamheid aan die gebooie pas ook in met Openb. 14:6 en 7 wat die mens terugroep na die aanbidding van die Skepper. Ons het reeds vasgestel dat ons die Skepper herken deur Hom op sy 7de dag, Sabbat te aanbid. Openbaring steun verder: Openb. 14:12 “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.†Openb. 22:14 “Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan he op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.†Meeste van die van moderne Protestantse kerke (95%) stem klaarblyklik nie hiermee saam nie. Daarom, aangesien ons nêrens in die Bybel leiding vind oor wettiese gehoorsaamheid, of dat ons God se genade kan gebruik in ongehoorsaamheid nie, dan getuig die Skrif dat profetiese gawe steeds realiteit is. Matt. 24: 24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. 25Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. 26As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn — moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer — moet dit nie glo nie. 27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. Die Bybel gee hier tog duidelikheid oor die finale fase van die geskiedenis en dat daar wel profetiese gawe sal wees. Daar bestaan drie kerkgroepe wat hierop aanspraak maak: SDA, Mormone en Jehova getuies maar ongelukkig ignoreer die laasgenoemde twee groepe die 4de gebod, die Sabbat wat duidelik ook in Openbaring geïdentifiseer is. Ons bevind dat daar globaal, net twee basiese genootskappe bestaan. Dit is die Katolieke Kerk en die Sewende Dag Adventiste wat die enigste kerk beweging is uit die Hervorming wat steeds vashou aan “Sola Scriptura,†- Die Bybel en die Bybel alleen. Die SDA kerk is gemaklik met E G White as post Bybel moderne profeet, maar, wat die Bybel alleen volg as maatstaf van geloof. Haar raad kragtens beplanning vir eindtyd kerklike groepering en wetenskaplike informasie vir gesondheid was die wetenskap dekades vooruit! As ’n persoon met net drie jaar skool opleiding groei tot die mees gepubliseerde skrywer in die Engelse taal. Sekere van haar manuskripte se vertalings steek een honderd tale verby. Kritiek oor haar skrywe bestaan meestal deur nie-leser, teenoor haar lesers wat vinnig beïndruk word haar insigte en ook, geïnspireerde, geestelike toevoegings tot die Bybel.