Bible Answers
Back to questions
Waar in die Bybel lees ons dat die Duiwel se naam 'Lucifer' is.?
Ons vind die naam Lucifer alleenlik in die “King James Version†en die “New King James Version†in die boek van Jesaja 14:12. Die betekenis van die oorspronklike Hebreeuse woord beteken ‘lig-draende voorwerp in die hemele,’ ‘blink een,’ ‘môrester.’ Dit is ‘n feit dat die woord Lucifer nie ‘n eienaam is nie maar eintlik die beskrywing van iemand wat ‘n ‘skynende persoon†is of, wie soos die môrester skitter. Die eienaam Lucifer uit die Latynse vulgate ontstaan en beteken in werklikheid “ligdraer.†Die teks wat verwys tot ‘n persoon wat met God in teëstand was geïdentifiseer as Satan deur die vroeëre kerkvaders. Die volgende situasie wat behandel moet word is hoe die “skitterende een†aan Satan koppel want, In Jesaja 14 verwys hy spesifiek na die koning van Babilon. Vanaf Jes. 14:3 is a duidelike klaaglied oor die trotse, arrogante en waarskynlike onoorkombare koning van Babilon. Ons vind dan ook die beskrywing dat hy verneder sal word en sterf soos diegene wie hy eens oorheers het. Jesaja se beskrywings van hierdie koning neem dan n kwaliteit van verduidelik aan wat menslike bekwaamheid in die Midde Ooste in daardie onvoorwaardelik oorskry. Dit kom voor asof hy se: Luister hoe ek nou die ware koning van Babilon voorstel – die trots-arrogante, bose mag wat in werklikheid die dryfveer is agter die aardse Babiloniese koning. Vir verdere helderheid gaan ons seker van die frases deurkyk wat sy begeertes aandui as verduideliking dat hierdie woorde nie in die gedagte van n gewone mens gevorm of uitgespreek word nie. • Vers 12 “Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester,†en • Vers 13 “Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde.†• Vers 14 “Ek wil klim bó die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!†• Ese 28:16 “Weens die grootheid van jou koophandel†… “ o gérub wat beskut!†Hierdie gedagtes ontstaan duidelik in die kreatiewe verbeelding van n verhewe persoon - n engel wat in die direkte teenwoordigheid van God verkeer het, en SY plek wou inneem. In Eségiël 28:11-19 sien ons ‘n ooreenkomstige tegniek in die beskrywing van die koning van Tirus. Dit is weer duidelik dat die beskrywing nie n wesenlike koning beskryf nie. Wanneer ons Jes. 14 en Ese 28 bymekaarbring merk ons die perfekte gesalfde wese (Ese 28:15) wat direk met God in verbinding was en SY posisie begeer het (Jes. 14:14) wat deur sy skoonheid met trots gevul is (Ese 28:17) en wat eindelik vernietig sal word (Jes. 14:15-20; Ese28:17-19.) Ons vind duidelikheid in hierdie gedeeltes dat die Satan nie deur God geskape is nie. God het n perfekte wese geskape wat as die “ligdraer†beskryf was, en wie later a.g.v. trots en eiewaan begeertes ontwikkel het vir die posisie van God – hier vorm die duiwel oftewel Satan. Mat 16:22 “Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie! 23 Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.†Jesus besef onmiddellik dat hierdie ontmoediging deur Petrus deur n groter vors as mens aangemoedig word. Christus sien deur die plan agter die woorde en betig die oorspring daarvan direk. Staan wou verhoed dat Jesus op die kruis vir ons sondes sterf. Die volgende inligting is waardevol in die van die vertalers soms woorde as eiename aandui, terwyl andere daardie woorde as beskrywings gebruik. Engelse voorbeelde hiervan vind ons in die KJV: Die woord ‘Calvary’ in Luk. 23:33 word as eienaam die Vulgate vertaal as die eienaam “Skedelâ€. Meeste van die verskillende vertaling gebruik dit as n beskrywing (Die plek van die skedel – soos beskryf in Grieks.) Die eienaam, asook die beskrywende naam verwys tot dieselfde. Dit verduidelik dat ‘Lucifer’ die eienaam en die beskrywende naam “skitterende een of ligdraer na een wese verwys.