Bible Answers
Back to questions
Verwys die koning van Tirus in Esegiël 28 regtig tot die Duiwel?
Een van die metodes wat die Bybel benut dat ons waarhede leer, is die metode van tipologie met tipe en antitipe. Dit is juis een van die metodes vir Bybel studeer, en waar te neem dat die antitipe altyd meer belangrik en groter as die tipe is. Ons sien Josef word as slaaf tot n verre land gestuur waar hy daar omring word deur die bakker en skinker. Die een leef, en die volgende een sterf sodat hy die verlosser van sy volk sou word. Jesus Christus kom tot n verre land vir die redding van Sy volk en is omring deur twee diewe aan die kruise. Die een gaan ewig leef, en volgende een gaan sterf. Hierdie is n beskrywing van die wat bewys dat Josef n tipe van Christus raak en dus is Jesus die antitipe. Ons sien dat Abraham twee seuns het, en Ismael wat die erfenis van Isak verlang maar Abraham wat eventueel vir Isak offer. In die hemel het God die Vader Sy Seun Jesus Christus, terwyl Lucifér Sy posisie verlang. God die Vader gee Jesus as offer sodat die mens met God sou versoen. Jes. 14: 12 “Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! 13 En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. 14 Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! “ Meeste kommentators is eens dat die volgende tekste net op Satan toegepas kan word. Dit is baie duidelik veral wanneer ons die volle Bybel weergawe kyk. Ook is daar dan historiese figure wie in hulle optrede hulle vader die duiwel voorstel en dit pas in met die informasie vervat in Ese. 28: Ese. 28:1 “Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: 2 Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here HERE: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is 'n god, ek bewoon 'n godewoning in die hart van die seë — terwyl jy tog 'n mens is en geen god nie — en jou hart gemaak het soos die hart van 'n god; 3 kyk, jy is wyser as Daniël, alles wat verborge is, is vir jou nie te duister nie! 4 Deur jou wysheid en deur jou verstand het jy vir jou rykdom verkry, ja, jy het goud en silwer in jou skatkamers verwerf; 5 deur die grootheid van jou wysheid in jou koophandel het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart het hoogmoedig geword deur jou rykdom; 6daarom, so sê die Here HERE: Omdat jy jou hart gemaak het soos die hart van 'n god, 7 daarom, kyk, Ek bring vreemdes oor jou, die geweldigste nasies, en hulle sal hul swaarde trek teen die skoonheid wat jou wysheid verwerf het, en jou glans ontheilig. 8 In die kuil sal hulle jou laat neerdaal, en jy sal in die hart van die seë die bittere dood sterwe van een wat verslaan is. 9 Sal jy werklik sê, in die aangesig van hom wat jou doodmaak: Ek is 'n god! — terwyl jy tog 'n mens is in die hand van hulle wat jou deurboor, en geen god nie? 10 Jy sal die dood van onbesnedenes sterwe, deur die hand van vreemdes; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE. 11 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: 12 Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So spreek die Here HERE: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid. 13 Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei. 14 Jy was 'n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op 'n heilige berg; 'n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes. 15 Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is. 16 Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut!17 Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien. 18 Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek 'n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.†Die vors van Tirus arriveer in vers 2 en informasie word gedeel oor waarskynlik die historiese figuur wat werklik die oorspronklike vors was. Dit dien as ‘n tipe vir die koning van Tirus wat in vers 12 op die toneel kom. Daarna volg die duidelike taal wat nie meer aards is nie, veral verwysend tot die gerub wat beskut. Die verwysing dat hy volmaak was, sou nie vir ons post die sondeval kon geld nie, gevolg deur die feit dat ongeregtigheid in hom gevind is. Hierdie is die antitipe en reflekteer die gebeure in die hemel met Lucifer in die troonkamer as een van die twee gerubs en dat hy die oorlog in die hemel begin het soos in Openbaring 12 uitgelig word. Ook in Job se geval arriveer hy as Aards verteenwoordiger a.g.v. Adam en Eva wie hom die reg daartoe gegee het. Ese. 28 se eerste verwysing is waarskynlik die tipe in geskiedenis en die tweede verwysing, die groter antitipe en kosmiese optredes van die aartsverleier.