Bible Answers
Back to questions
Is daar n wegraping voor die Merk van die Dier, of die Groot Verdrukking wanneer die Antichris op die toneel verskyn? Is daar ooit n wegraping of gaan daar alleenlik die Wederkoms wees?
Ons hoop dat die verduideliking wat volg help met die kronologie! Ons merk in die Bybel verskeie tipes van die ware antitipe die wederkoms: Noag en sy sewe mense oorleef en alleenlik is weg. In die geval van die Israeliete het hulle die tien plae oorleef in die land Goosen deurdat God oor hulle deur die krisis gewaak het. Hy raap hulle nie weg voor die krisis nie, en so is Hy ook mét ons tot aan die voleinding van die wêreld, en Hy beskerm Sy kinders tydens die sewe laaste plae. WEGRAPING Joh. 17:15 “Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.†In hierdie vers sê Jesus duidelik dat Hy nie Sy volgelinge in die geheim gaan wegneem of wegraap nie, maar dat Sy Vader hulle teen die beproewing van die Satan gaan bewaar. Hulle gaan dus teenwoordig wees tydens die krisisse wat gaan volg. Mt. 13:24 “‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het;†Uit bogenoemde gelykenis sien ons dat die onkruid en koring saam groei tot die oestyd (die wederkoms), dan vind skeiding plaas en die onkruid word verbrand. Dit is duidelik dat die Bybel hier van twee groepe mense praat, met geen steun vir die idee van ‘n geheime aktiwiteit voor die wederkoms nie. Mt. 13:36 “Nadat Hy die skare weggestuur het, het Jesus huis toe gegaan; en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid in die saai land.†37 En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens, 38 en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose, 39 en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele. 40 Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld: 41 die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen, 42 en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande. 43 Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.†Hier verduidelik Jesus die gelykenis en Hy bevestig dat die oes by die voleinding van die wêreld plaasvind. In die verhaal van Noag vind ons ’n soortgelyke tipologie en ons vind ook belangrike inligting aangaande hoe dinge kort voor die einde gaan wees. Hou in gedagte dat nuwe openbaringe altyd uitbrei op ou waarhede, maar nooit vorige waarhede neutraliseer of weerspreek nie. Noag het vir 120 jaar gepreek dat redding vir almal beskikbaar is. Hulle het egter die hout van die ark nodig gehad om gered te word. Ons het die hout van die kruis waarop Jesus Christus gekruisig is nodig om gered te word. Die Israeliete moes die bloed aan die hout deurkosyne smeer om lewe vir hulle eersgeborenes te verseker. Dit is slegs Christus se bloed wat God met hierdie wêreld kan versoen! Die agt gereddes en die lewende heidene (onkruid en koring) was almal saam terwyl Noag gepreek het. Een honderd en twintig jaar het verloop en daar was geen verdere bekeerlinge nie. Diere het op God se opdrag gereageer, maar nie mense nie! Noag en sy familie het die ark binnegegaan terwyl al die mense buite maar soos gewoonlik voortgegaan het. ‘n Engel het die deur gesluit. Die oordeel is gevel en die deur van genade is gesluit. Niemand kon nou n verdere geleentheid kry om gered te word nie. Die rebelle se bekers was vol. ‘n Week later begin die vloed en almal verdrink, almal behalwe diegene wat God se redding aanvaar het. Tipologies kan ons hierdie tragiese geskiedenis vandag op onsself toepas. Soos in Noag se tyd woon die geredde regverdiges en die verlore ongelowiges steeds saam op aarde. As waarskuwing vir ons is daar vandag twee getuies (die Ou en die Nuwe Testament met hul profetiese boodskappe). Ons sien uit hierdie getuies dat daar ook ’n tyd gaan aanbreek wanneer die maat van die ongelowiges se sonde vol gaan wees, wanneer Christus se werk voltooi gaan wees en redding nie meer beskikbaar sal wees nie. Daarom sien ons, daar is weer ’n deur van genade wat gaan sluit! PASOP VIR MISLEIDING! Mt. 24:3 “En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van U koms en van die voleinding van die wêreld? 4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pasop dat niemand julle mislei nie.†Die dissipels het die Here gevra hoe Sy koms sou plaasvind. Voordat Hy begin verduidelik, waarsku Hy eers met die volgende: “Pasop dat julle nie mislei word nie!†Hierdie waarskuwing maak dit duidelik dat daar juis verwarring en misleiding rondom die wederkoms sou wees en dat die vyand, Satan, beoog om die groot gebeurtenis na te boots. Voorts verskaf Jesus baie antwoorde om hierdie stelling van Hom te staaf. Hy gee ook verdere leidrade waarvoor ons moet uitkyk om die valse te herken. Een leidraad het Jesus al vroeër gegee: Mt. 7:16: “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ’n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! 17 So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ’n slegte boom dra slegte vrugte.†Het u al hierdie waarskuwings en leidrade raakgelees en ondersoek? Slaan u ag daarop? U sal moet, want die Skrif sê vir ons dat hulle sal “as dit moontlik is, ook die uitverkorenes misleiâ€. KENMERKE VAN NABOOTSING Mt. 24:24 “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.†Mt. 24:23 “As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie.†Mt. 24:25 “Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.†Mt. 24:26 “As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie. Hier sien ons enkele van die maniere waarop verleiers en valse profete die wederkoms gaan probeer naboots en dus is dit absoluut belangrik om te weet wat Christus in verband met Sy wederkoms geleer het. LEWENSBELANGRIKE TEMA Hebr. 9:28 “so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid. “ Joh. 14:1 “Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. 2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. Die wederkoms word 318 keer in die 266 hoofstukke van die Nuwe Testament vermeld en dit is bo alle twyfel ’n oorheersend belangrike tema regdeur die Bybel. GEHEIME WEGRAPING? Hand. 1:10 “En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, 11 wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.†Mt. 24:30 “En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. 31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.†As ’n mens sorgvuldig deur bostaande tekste lees, is dit moeilik om die teologie van ‘n geheime wegraping daarmee te vereenselwig, want die tekste praat duidelik van ’n ‘raserige’, luide en sigbare gebeurtenis. Die “Left Behindâ€-reeks is deels verantwoordelik vir die gewildheid van die valse leerstelling van ’n geheime wegraping, en dit is om die een of ander duistere rede afgelei uit Lukas 17:36. Die gebruik van hierdie vers as basis vir die teorie faal egter jammerlik, aangesien dit glad nie sê dat die kerk in die geheim weggeraap gaan word en dat ongelowiges gaan agterbly nie! Vergelyk Lukas se stelling met Matthéüs 24:36-42. Hier sien ons ook hoe Jesus Sy tweede koms met die dae van Noag vergelyk. Hy sê in vers 39 dat die ongelowiges “dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie.†Een groep is ‘weggevoer’ en die ander groep het agtergebly. Wie is deur die vloed weggevoer? Die goddeloses! Indien die teorie van die wegraping korrek is, dan weerspreek die Bybel homself hier. Lees ook Gen 7:21-23 en veral vers 23, waar dit sê: “… En net Noag het oorgebly en dié wat by hom in die ark wasâ€. Noag is nie weggeraap (deur die vloed) nie. Hy het agtergebly (hy is gered). Lees nou Lukas 17:37 en u sal sien dat diegene wat ‘weggeraap’ is, juis vernietig en deur aasvoëls en arende opgevreet word. Vergelyk dit ook met Openbaring 19:17,18. JESUS KOM WEER SOOS HY WEGGEGAAN HET Openb. 1:7 “Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!†In hierdie vers sien ons Jesus gaan presies weer terugkom soos Hy opgevaar het hemel toe. Hier is verder ‘n aanduiding van ‘n spesiale opstanding – “dié wat Hom deursteek het, sal Hom sien.†Die “ander geslagte†vorm deel van die ander groep dooies wat eers na die 1 000 jaar opgewek word. Hulle is die groep wat rou bedryf. Openb. 20:5-9 vertel later wat by die wederkoms met hierdie groep mense gaan gebeur en waarom hulle gaan rou. Die wete dat hulle ’n ewigheid in die teenwoordigheid van die liefdevolle God so sinneloos verbeur en so onbesonne deur hulle vingers laat glip het, dat hulle hul ore aan Satan uitgeleen het eerder as om na God te luister, gaan erger wees as die vlammehel wat hulle gaan vernietig, inderdaad ’n tyd van diepe rou. ELKE OOG SAL HOM SIEN KOM Mt. 24:27 “Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.†Weerlig is baie sigbaar –al is ’n mens se oog toe sien jy dit steeds flits – en dus is die ware wederkoms nie ‘n geheim nie. Elke oog sal Hom sien kom! Openb. 6:15 “en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, 16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; 17 want die groot dag van Sy toorn het gekom, en wie kan bestaan? As die wegraping in die geheim plaasgevind het, sou die goddelose nie, soos Openbaring hierbo aandui, deel kon hê in die ervaring nie! Die Bybel bevestig verder dat die gelowiges van alle eeue saam met die laaste geslag hemel toe gaan: I Thes. 4:15 “Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.†CHRONOLOGIE VAN GEBEURE VOOR EN TYDENS DIE WEDERKOMS Mt. 16:27 “Want die Seun van die mens staan gereed om met Sy engele in die heerlikheid van Sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens Sy dade.†I Thes. 4:16 “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.†I Thes. 4:17 “Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.†I Kor. 15:51 “Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, 52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.†DIE PROSES GAAN JESUS SE WEDERKOMS NABOOTS I Kor. 15:53 “Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. 54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hier die sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.†Die Bybel sê die engele gaan Hom vergesel. Daar sal ’n geroep van die aartsengel wees, met die klank van ’n basuin. Die lewende regverdiges gaan saam met hulle in die wolke weggevoer word. Hier word ’n verborgenheid meegedeel – almal sal nie ontslaap nie, maar almal sal verander en met onsterflikheid beklee word. Oorwinning oor die dood is behaal, en geen gelowige gaan ooit weer sterf nie. Ons gaan vir altyd saam met Jesus wees, en nooit weer sal daar skeiding wees nie. REGVERDIGES EERSTE OPGEWEK Fil. 3:20 “Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, 21 wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te \n word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Hom self kan onderwerp.†I Thes. 4:16 “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. 18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.†Uit bogenoemde verse sien ons dat die eerste aktiwiteit wat by die wederkoms plaasvind, is dat die dooie regverdiges gaan opstaan. Hulle is dus nie nou in die hemel nie, want dan sou hulle hul loon lank voor die andere ontvang het, terwyl die Bybel leer dat almal saam by die wederkoms beloon word. Die regverdige dooies wat opgewek word, sowel as die regverdige lewendes ontmoet die Here in die lug en Hy sal nie die aarde met Sy tweede koms betree nie. Dit is die aanvang van die 1 000 jaar (ons bestudeer dit in hoofstuk 8). DIE OU TESTAMENT GETUIG Ps. 50:3 “Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig. 4 Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel: 5 Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer sluit!†Nog ’n bewys van die goue draad oor hierdie tema wat regdeur die Bybel gevind word, hierdie keer in die Ou Testament – hier sien ons hoe Dawid God se koms beskryf as ‘n verterende vuur, en soos ons in die res van die studie hierbo gesien het, bevestig Johannes in die boek Openbaring ook hierdie feit. Hy kan slegs verterend wees as die regverdiges en die goddelose tegelyk teenwoordig is, m.a.w. gedurende die oordeel. Hy verteer slegs wat nie Syne is nie. ONS MOET VERLANG OM ONS GOD TE ONTMOET! II Tim. 4:7 “Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. 8 Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.†Paulus beklemtoon “in dié dag†(wat hy anders sou stel as hy reeds by sy afsterwe die hemel sou betree het) en hy betrek al die regverdiges by daardie dag! Mt. 24:44 “Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie. Die Heilige Gees was ook die Bybelskrywers se bron van inspirasie. Kom ons vra Hom biddend om dit wat Hy aan hulle oorgedra het, ook aan ons te openbaar. Die geskiedenis toon baie duidelik vir ons dat elke Woord in die Skrif tot dusvêr op die regte tyd vervul is, en volgens die tydlyn is ons nou reg aan die einde van die geskiedenis van die aarde, kort voor die dag van die Here (die Wederkoms), met net een profesie wat nog vervul moet word (Mk. 16:15 “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.â€) Mag die Here u ook op u ontdekkingstog seën terwyl u hierdie laaste myl van die pelgrimsreis saam met Hom stap. Dit gaan nie nou lank duur nie. Moenie een oomblik of een geleentheid verby laat gaan om uself voor te berei op grond van God se waarskuwings in die Bybel nie. U en ek bevind ons spreekwoordelik op die grens van die Beloofde Land, net soos Israel van ouds. Laat ons nie herhaal wat met hulle gebeur het nie. Kom ons wees ’n Joshua en ’n Kaleb van wie God gesê het: Núm. 14:24 “Maar omdat my dienaar Kaleb 'n ander gesindheid het en My getrou gevolg het, sal Ek hom inbring in die land wat hy gaan verken het, en sy nageslag sal dit besit. MAROELA MEDIA BERIG: Twee bekende Amerikaanse Christelike televisiestasies is gereed om Jesus se wederkoms by die Olyfberg in Jerusalem regstreeks uit te saai. - Albei stasies hou nou televisiekameras heeltyds op die berg gerig sodat die wederkoms, wat hulle glo nou binnekort sal plaasvind, regstreeks gebeeldsend kan word. Die sender, Daystar, saai al ‘n ruk lank uit, terwyl Trinity Broadcasting nou ook slaggereed is nadat hulle ‘n ateljee in Jerusalem aangeskaf het. Dit is egter nie net Christene wat vir die “eind tye†uitkyk nie. New Age-groepe hou nou al ‘n geruime tyd konserte en ander byeenkomste op argeologiese terreine van die Mayas. Dit lei tot die ontsteltenis van argeoloë omdat gate dikwels in die antieke piramides geboor word om toerusting te anker. Kenners se versekerings dat verwysings na 21 Desember 2012 in aya-inskripsies nie na die einde van die wêreld nie, maar die einde van ‘n kalender tydperk verwys, val op dowe ore. - Deur Herman Toerien op 11 Oktober 2012 (“My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp†- Hos. 4:1, 6).