Bible Answers
Back to questions
Is dit moord om in 'n oorlog iemand te dood?
Indien God se handeling met die mens besigtig sien ons dat sekere volke hulle genadetyd oorskry het. God het in Teokrasie (Gods Heerskappy) bv. vir Israel gebruik is sodat Jericho en Ai te verslaan is en almal uitgewis is volgens die uitvoering van die banvloek. Almal moes uitgewis word nl. man, vrou, kind en diere. Hierdie was Goddelike vergelding en die Here gebruik die mens in hierdie voorbeeld. 1 Sam. 15:13 “Toe Samuel by Saul kom, sê Saul vir hom: Mag u geseënd wees deur die HERE: ek het die woord van die HERE uitgevoer. 14Daarop vra Samuel: Maar wat vir 'n geblêr van kleinvee is dit in my ore en 'n gebulk van beeste wat ek hoor? 15En Saul sê: Van die Amalekiete het hulle dit gebring, want die manskappe het die beste kleinvee en beeste gespaar om aan die HERE u God te offer; maar die ander het ons met die banvloek getref. 16Toe sê Samuel vir Saul: Hou op, dat ek jou kan meedeel wat die HERE vannag met my gespreek het.†Die Here was baie streng met opdragte en in die oorlog was hulle die Here se regterhand. 2 Kon. 19:35 “En in dieselfde nag het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van die Assiriërs honderd vyf en tagtig duisend verslaan; en toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak — was dit almal dooie liggame!†Hier gebruik die Here ‘n engel. Egter, in die moderne omgewings waarin ons funksioneer het ons nie meer ‘n Teokrasie nie. Nasies word nou deur moderne ideologië bedryf. Heb. 11:10 “Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is.†As Christene is on eintlik burgers van ‘n ander wêreld en daarom behoort ons daardie wêreld te verteenwoordig. Ons is dus vreemdelinge waar ons onsself tans bevind. Vir hierdie rede behoort ons op die beste as diplomate op te tree. Dit beteken dat ons ook nie op stemreg aan te dring nie, en ook nie in areas aktief te wees waar jyself wapens hoef te gebruik nie. Meeste moderne weermagte kan jou in areas ontplooi word waar jy ondersteunend is maar nie direk gewapend optree nie. Dit skep paslike omstandighede wat dus nie ideologië te bedryf en sodoende anti-Bybelse propaganda steun nie. Ons weet in die klimaks van die aarde se geskiedenis gaan die afvallige kerk, die staat mobiliseer om diegene wat nie inkoop in die afvallige kerk se aanbiddings patroon nie te vervolg. Daarom moet ons onsself verwyder om op te tree in van die weermagte want dit sal optrede teen jou gewete presipiteer. Vermy dus omstandighede waar jy gewapend sou kon wees om ‘n regering se ideologie te bedryf en sodoende op te tree dat ander se lewens bedreig kan word, en dat moord ‘n vraag sou kon raak. Egter het die wyse God in Israel omstandighede rondom vrystede daar geste, l dat die’ oog vir ‘n oog’ en ‘tand vir ‘n tand’ eers via regspleging uitgesorteer kan word. Sodoende kon elke individu nie self regter en jurie speel en mense self uit sorteer nie. Ons gaan elkeen eendag moet rekenskap gee.