Bible Answers
Back to questions
Is daar risiko om mislei te word en hoe weet ek wie Jesus se eindtyd oorblyfsel is?
In Matt. 24:4 gee Jesus ons die waarskuwing: 4 “En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.†As ’n Christen gaan Moslem en Hindu my nie mislei nie. Dit gaan ‘n sogenaamde Christen wees waar ek nie my beskermende reëls nakom nie: Jes. 8:20 “Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle 'n volk wat geen dageraad het nie.†Die Bybel gee ons duidelike riglyne en bostaande teks leer ons dat Bybelkennis ons wapen moet wees wat verleiding sal verhoed. Matt. 7:15 “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe isâ€. Die moderne aanbiddings trant lê klem op die bonatuurlike, die misterieuse en baie musiek en aksies wat die gehore in ’n emosionele trans plaas, in stede daarvan dat oop Bybels en leringe plaasvind wat die beskerming van God aanbied deur die woorde: “daar staan geskrywe.†In die wildernis na Jesus 40 dae gevas het, kom Satan as engel van die lig na Jesus en kwoteer die Bybel. Slegs sy metodiek en invalshoek laat Jesus dadelik besef dit is nie ’n engel uit die troonkamer van sy Vader nie. Jesus se verdediging teen Satan se misleiding het bestaan uit sy kennis en deur aan te haal ...â€daar staan geskrywe.†Die Bybel gee pragtige leidrade wie die Here se oorblyfsel sal wees aan die einde van tyd. Oorblyfsel meen; “ soortgelyk as die eerste†en dus kan ons “oorblyfsel†verwag wat soortgelyke kenmerke het as die eerste rein kerk soos deur die dissipels gevorm: Rev. 12:17 “En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.†Die “oorblyfsel†sal al die gebooie van God hoog aanslaan en die getuienis van Jesus vertoon: Openb. 14:12 steun soortgelyke kenmerke: 12 “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.†Gehoorsaamheid aan die gebooie is altyd ’n faktor. Jak. 2:10 “Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword. 11Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy 'n oortreder van die wet geword.†Hier word duidelik verwys na die 10 gebooie. Die hele wet†is natuurlik ook ’n bevestiging dat die vierde gebod, die Sabbat nie opsioneel is nie, want dit is een van die Tien Gebooie. Dié gebod is ook die enigste een wat Christene van Moslem en Hindu onderskei omdat dit duidelik dui na aanbidding van die Skepper wat hemel en aarde gemaak het en op die sewende vir die mens gemaak het, die Sabbat wat ons moet gedenk. Openb. 19:10 “En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.†Openbaring beskryf duidelik wie die hemelpoorte sal binnegaan. Openb. 22:14 “Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.†Die wat ewige lewe sal erf is daders van die Woord en hulle is gekenmerk as onderskrywers van die Here se wet, en nie aanspraak daarop maak dat die wet afgehandel is, en nie meer nodig is nie. Matt. 7:22 “Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!†1 Pet. 2:21 “Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg.â€