Bible Answers
Back to questions
Watter groep is die gaste by die bruilof, en dié wat op die see van glas staan?
Die Woord lees: Matt. 22:1 “En Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê: 2Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het 3en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie. 4Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof. 5Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en 'n ander na sy handelsaak. 6En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak. 7Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek. 8Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie. 9Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof. 10En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword. 11En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie 'n bruilofskleed aan het nie. 12En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. 13Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. 14Want baie is geroep, maar min uitverkies.†Hierdie is n visuele aanskouingsles van die plan van verlossing. Hier is n uitnodiging vir almal deur historiese profete en agente van God. Die uitegnooides het verskeie maniere gereageer. Hulle het die boodskappers selfs aangerand en van hulle selfs gedood. Elk van ons het n keuse hoe ons op die uitnodiging van God reageer. In Bybelse tyd het die Koning die bruilof organiseerder en aan gaste ‘n bruilofskleed verskaf. In hierdie geval is almal uitgenooi en die proses beeld uit dat Christus se geregtigheid die kleed is wat ons ontvang. Wanneer die Koning kom word almal reageer het op Sy oproep word evalueer (beoordeel), en gaste wat die bruilofskleed ignoreer en met sy eie klere (eie geregtigheid) wil deel wees, word uitgewerp omdat hy/sy nie die beskikbare kleed van Jesus se geregtigheid weerspieël nie. See van glas aspek vind plaas ná die wederkoms. Openb. 15:2 “En ek het gesien iets soos 'n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God. 3En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam,†Hierdie vind plaas net ná die sewe laaste plae van Openbaring 15:1, en verteenwoordig die gereddes op die kristalagtige, glasagtige ruimte wat Johannes as see van glas interpreteer. Dit is die ontelbare menigte wat die gereddes, of regverdiges beteken. Dit beteken almal oor alle eeue vanaf Adam wat in die Here gesterf het, en ook diegene wat die finale Elia groep gevorm het en die Here se koms lewendig ervaar het. Daar is egter die gedagtes dat die lied van Moses ‘n lied van ervaring sou wees, en slegs gesing kan word deur diegene wat die ervaring en deurgaan van verdrukking ondervind het gedurende die eksodus uit sonde en uit die wêreld. In 1949 was daar in Australia ‘n preek hieroor gelewer en u kan die skakel onder volg daarvoor. https://documents.adventistarchives.org/Periodicals/AAR/AAR19490214-V53-07.pdf