Bible Answers
Back to questions
Sal die Boek van die Lewe ook wys wat ek verkeerd gedoen het... voor ek tot bekering gekom het? Of gaan dit net my laaste sonde wys - hoekom ek verlore is?
Interesante vraag. Die Boek van die Lewe wys nie een van dit wat jy hierbo gevra het nie. Die Boek van die Lewe bevat die name van die wat gered is. Dis interessant om op te let dat die Bybel in die verband as volg opmerk: Openbaring 3:5 - Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele. Let mooi op die wat oorwin, met ander woorde die wat gered word, se name word opgeskryf in die Boek van die Lewe. Hierteenoor het ons boeke - meervoud. Kom ons kyk na 'n teks wat dit mooi aanwys: Openabring 20:12 - En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en 'n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. Let op die boeke is geopen Die boek van de lewe is geopen die dode word geoordeel na wat in die boeke geskryf is - hulle werke Dis nogal belangrik om die Bybel altyd sorgvuldig en deeglik te lees. Die boeke dus met die werke van die onregverdiges of diegene wat nie gered sal word nie is die boeke wat gebruik word om die oordeel te bepaal. Hierdie boeke het al die sondes (meervoud) van die mense opgeteken en dit is duidelik dat dit hulle werke is. Die Bybel verwys hier na die werke wat teen die wet is. Hoe weet ons dit? Die Bybel is duidelik hieroor: Openbaring 22:15 - Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen. Let op hoereer is om eg te breek; afgodedienaars is om ander gode voor die aangesig van die Here te dien; Leuens is die wat valse getuienis afle; towenaars is leuenaars in wese omdat hulle iets voorgee wat nie is nie - valse getuienis; ens. Al hierdie dinge is oortreding van God se wet - van beide die eerste 4 gebooie (afgode) en die laaste 6 gebooie (egbreek, doodslaan, valse getuienis) In die werke is daar ook inherent ingebou die liefde van God wat ontbreek, die eer teenoor ouers wat ontbreek, ens. Ek dink dis duidelik dat die werke wat hier opgeskryf is in die boeke (meervoud) is die oortredinge van die wet. Dis hoekom Johannes in sy sendbriewe skryf - sonde is die oortreding van die wet. Terloops die enigste definisie van sonde in die Bybel! Maar die boek van die lewe is net een boek - die boek wat nie nodig het om al daardie detail te bevat nie, want die boek se inskrywing lees as volg: Koos Vergewe My bloed vir hom Gered Dis al wat nodig is. In die boeke is elke oortreding opgeteken van jou ganse lewe en indien jy ongered is dan sal al daardie sondes in herinnering gebring word vir jou om te antwoord. Maar in die boek van die lewe is daar geen sonde opgeteken nie. Net dat jy gered is deur die bloed van Jesus.