Bible Answers
Back to questions
Op watter manier moet ons hulle uit die vuur ruk en hoe vinnig? (Judas 1:23)
JJud. : 23 “maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.†Almal van ons besef dat die boek Judas ook praat van die voorbeeld wat vir ons gelaat is oor hoe die finale vernietiging van die goddelose sal wees: Jud. 1:7 “soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as 'n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan.†Dus is dit moontlik dat iemand soos die dief aan die kruis ter elfder ure gered te kan word en regte keuses te neem om die ewige straf vry te spring. Sagaria hoofstuk 3 praat van ‘’n soortgelyke ervaring van die hoëpriester: Sag. 3:2 “Toe sê die HERE aan die Satan: Mag die HERE jou bestraf, o Satan! Ja, mag die HERE, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie 'n brandhout wat uit die vuur geruk is nie? 3En Josua was bekleed met vuil klere, terwyl hy voor die Engel staan.†Die Here wil ons nie op laaste nippertjie red nie, want die Here wil juis dat ons lewens Hom verheerlik: Matt. 5:16 “Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.†Ons is volgens Openbaring ook deel van die sewe gemeentes wat deur die sewe kandelare in die tabernakel voorgestel is. Openb. 1:20 “die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.†Deel van op wassing as Christen is deur die groei a.g.v. die kontak met mense soos ons hulle lei tot vriendskap met Hom: Matt. 28:19 “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.†Ons is die Here se oë en ore en Sy agente om mense aan Hom voor te stel en om diegene uit die vuur te ruk. Dit is om ons sending taak wat tot uitvoer moet kom. Ese. 33:7 “En jy, o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy 'n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku. 8 As Ek aan die goddelose sê: o Goddelose, jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. 9 Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered.†Heb. 4:7 “bepaal Hy weer 'n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.â€