Bible Answers
Back to questions
Is daar oordeel en afhandeling van sonde?
In gesprek met moderne Christene vorm daar die idee dat God in ‘n “marshmallow†God verander het. Dié God blyk so liefdevol te wees dat Sy genade, Sy geregtigheid oorskadu en elke persoon gaan maar al te maklik die hemel inkom. Die uitkyk verteenwoordig geensins die ware God nie met verkeerde indrukke soos hier aangedui: Matt. 10:28 “En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.†Heb. 10:30 “Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel. 31Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.†Dit is interessant dat Daniel se naam beteken “God is my Regter†en dat hy dan die so vele van die profesieë geskryf het. Ons bevind ook dat die laaste kerk van Openbaring; die kerk van Laodisense se naam beteken “kerk wat geoordeel word.†God, in sy bekende patroon doen niks sonder dat hy eers ’n waarskuwing deur sy profete bied nie: Openb. 14:6 -12 “En ek het 'n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met 'n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. 7 En hy het met 'n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het. 8 En 'n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery. 9 En 'n derde engel het hulle gevolg en met 'n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en 'n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, 10 sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. 11 En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang. 12 Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.†Die eerste engel bevestig dat ‘n oordeels-uur het aangebreek, en roep almal terug na aanbidding van die ware God met ’n aanhaling ui Exo 20, dat ons die Skepper God moet aanbid. Die vraag hier behoort te wees: Wat sou dan tot wegbreek vanaf die Skepper God aanleiding gegee het, en hoe erken ons werklik die Skepper God? Ons gedrag kragtens gehoorsaamheid is klaarblyklik belangrik met die oog om die oordeel wat tans plaasvind. Engel twee sê dat daar ‘n alternatiewe stelsel bestaan maar, die stelsel het geval en geen meer roete om te volg nie. Engel drie bevestig die sisteem het lakeie en meelopers en hulle gaan gemerk word en sal sodoende dieselfde straf ontvang wat oor die sisteem gevel sal word. Die verse dui aan wat die kenmerke van die heiliges is en verwys spesifiek na God se gebooie as merker van gehoorsaamheid. Die woord ‘wetties’ word telkens vereenselwig met moderne kerke wanneer die Tien Gebooie gekwoteer word! Ons moet egter onthou wie die God is wat ons aanbid: Heb. 13: 8 “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.†Jesus verander nie so die God van die Ou Testament is steeds die God van die Nuwe Testament. Redding in Genesis is steeds dieselfde as redding nou. Dit beteken geloof in ‘n Skepper God wat ons geskape het en daarvoor geëer moet word. Maar Hy is ook ‘n God wat ons sal herskep want Hy het die reg daartoe gekoop deur op die kruis vir u en my te sterf! Ons lewe behoort volgens die gebooie van God gerig te wees omdat om mense te volg sal lei tot die aanhoor van die volgende woorde: Matt. 7:23†En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!â€