Bible Answers
Back to questions
Hoe ken ek die wil van God? En is dit reg om vir 'n teken te vra?
Die totale kompliment van die Bybel stel ons bekend met die Godheid en leer ons sy stem herken! Daarom is dit belangrik dat ons God soek en leer ken. Joh. 17:3 “En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.†Ons almal is bekend met die roeping van die rigter Gideon. Hy dink dit goed en vra God vir ‘n verdere teken ten spyte van die feit dat hy geroepe is, en aan sy eerste versoek tot ‘n teken voldoen word. Hy was onrustig of dit die antwoord ontvang deur hom nie net natuurlike toeval kon wees nie, en vra dan dat die teken die volgende nag omgekeer word. Die Here ontmoet hom genadiglik daar in sy ongeloof. Rig. 6:37 “ek sal die wolvlies op die dorsvloer neerlê: as daar net op die vlies dou is, terwyl die grond oral droog is, dan sal ek weet dat U deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het. 38 En dit was so: toe hy die volgende môre vroeg opstaan, het hy die vlies uitgewring en die dou uit die vlies uitgedruk, 'n kom vol water. 39 Toe het GÃdeon met God gespreek: Laat u toorn nie teen my ontvlam nie, en laat my net hierdie keer mag spreek; laat my tog net hierdie keer met die vlies 'n proef neem: laat dit op die vlies alleen droog wees terwyl daar op die grond oral dou is. 40 En die HERE het daardie nag so gedoen: op die vlies alleen was dit droog, maar oral op die grond was daar dou.†Ons leef met inligting deur die Woord van God wat Hy met die mens deel en daarom is ons bewapen en het nie die nodigheid vir vertroue op die bonatuurlike nie. Hand. 17:30 “God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,†Ook leef ons in era waar tekens en wonders juis deur die vyand gebruik word as misleiding van siele. Ons behoort juis vertroue op ons oë en ore verleen nie en behoort en alle tye verwys tot: “daar staan geskrywe.†Matt. 24:24 “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.†Matt. 12:38 “Toe spreek sommige van die skrifgeleerdes en Fariseërs en sê: Meester, ons wil graag 'n teken van U sien. 39 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: 'n Slegte en owerspelige geslag soek na 'n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.†Gedurende bestudering van die Bybel eien on daarin die Here se stem en Sy handelinge met die mens en behoort ons onthou dat God nie verander nie. Hy will ons almal gered sien. Heb. 13:8 “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.†Die Here is absoluut voorspelbaar wanneer ons Hom ken. In die groei en ontwikkeling van enige suksesvolle huwelik is daar nie tekens tussen mense nodig nie. In hulle gesonde verhouding weet hulle en ken hulle maat se reaksies op vrae. Net so ook mag dit word in ons noue ontwikkelde vriendskap met God. Heb. 5:13 “Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy 'n kind is.14Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.†Die Here sal ons ontmoet en ingryp indien ons wel soos Gideon werklik ‘n teken benodig as hulpmiddel wanneer ons nog babas in die geloof is! Egter raak baie van ons ‘teken georiënteerd’ veral wanner dit by materiële dinge kom. Dames, of selfs mans mag dalk ‘n teken van die Here aanvra waar dit by die keuse vir n lewensmaat kom. Wanneer ons vriendskap teenaan God raak die behoefte aan tekens meesal oorbodig!