Bible Answers
Back to questions
Is voorspoedigheid in verhouding, die ekwivalent van ons assosiasie met God?
Die posisie waarin ons onsself bevind is grotendeels gekoppel aan die keuses wat ons oor die tydvak van ons lewens gemaak het. Dit het spesifiek betrekking tot die keuse oor die teenwoordigheid en erkenning van die Skepper God. Het ons n keuse gemaak vir God in ons lewe as redder sodat ons gesindheid en karakter aanpassing mag vind vir die nuwe hemel en nuwe aarde? Indien ons onsself bevind op ‘n lokaliteit dat ons die teenwoordigheid van God wil negeer, skep ons omstandighede wat nie eers vir ons die risiko laat om van buite onsself redding te kan ervaar nie. As individue, wil ons nie liefs die keuse maak dat die Skepper van hemel en aarde ons redding bied. Dit bied die vooruitsig dat ons eendag die moeilike vrae persoonlik aan die Here mag vra. Daar is vrae soos HOEKOM sekere gebeurtenisse in ons lewens sou plaasvind. Indien ons voortgaan op self aangewese kragte gaan ons nooit beter ervaar as wat ons tans het nie a.g.v. self verwydering van die geleentheid op redding. Die Here sê: Jes. 1:18 “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. 19 As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet. 20 Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek.†Die Godheid is méér as bereid om met ons in debat te tree en gesprek te voer. Meeste van dié wat reeds die aarde bewandel en gaan rus het, het nie eers die voorreg waaroor ons beskik van die 66 boeke van die Bybel wat ons bekend stel aan hoe God met sy Skepping, die mensdom omgang het nie. Selfs die dissipels wat 3 en 1/2 jaar saam met Jesus wandel sukkel om die grootheid te besef wat gedurig rondom hulle gebeur. Daarom gee Jesus hulle die antwoord deur te vertel dat daar ‘n kosmiese stryd agter die skerms gevoer word. Matt. 13:27 “En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan? 28 En hy antwoord hulle: 'n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak? 29 Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie. 30 Laat al twee saam groei tot die oes toe,†Die Here sit met die probleem dat Hy die vyand op die kruis oorwin het maar die alternatief is dat Satan bly tweedrag saai en tree nie eties en korrek op nie. Die Godheid sal nie buite karakter optree nie en Hy bevestig wat sy ideaal vir ons is. Joh. 10:10 “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.†Efesiërs bevestig duidelik dat daar juis magte agter die skerms is met een doel; om ons te verwar en te laat struikel. Efe. 6:12 “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.†Ons is in staat om te sien dat met Job daar magte agter die skerms was wat juis hom benadeel het. Ten spyte van terugslae het hy in sy keuse volhou om ‘n vriend van die Here te bly. Hy sal in die hiernamaals verras wees om te besef dat alles negatief wat hy ervaar het was as gevolg van die vyandige mens nl. Satan. Die Here het dit wel toegelaat n juis vir die feit dat ons die keuse het van pro-God of teen-God. Die Here sal nie gedurig ingryp en ons net die maklike pad laat loop nie. Ons word kosmies ook dopgehou want Satan het alternatief tot God, kom posisie inneem, God kan net in liefde navolgers werf. 1 Kor. 4:9 “Want dit lyk vir my dat God ons apostels die laaste plek aangewys het as tot die dood veroordeel; want ons het 'n skouspel geword vir die wêreld, vir die engele sowel as vir die mense.†Job 1:6 “En op 'n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom. 7 Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van 'n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het. 8 En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: 'n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad. 9 En die Satan antwoord die HERE en sê: Is dit verniet dat Job God vrees? 10 Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land. 11 Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het — waarlik, hy sal U in u aangesig seën! 12 Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE.†Deurdat Adam en Eva ‘n verkeerde keuse gemaak het gedurende ‘n baie basiese toets; om weg te bly van een uit duisende bome, het Satan onmiddellik die verteenwoordiger van die aarde geword. Satan het net een doel voor oë. Openb. 12:17 “En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.†Die vrou is die tipe van die eindtyd rein kerk wat kies om die Skepper te volg. Satan het net een doel … hul ontsporing sodat hy hulle teen God sal kies. Daar is ‘n vooruitsig:- Fil. 1:6 “omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;†Jesus vul ons met die behoefte tot redding en Hy gee ons dan ook die krag vir die regte keuse. 1 Kor. 10:13 “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.†Ons moet juis die handleiding van die menslike uitvindsel goed bestudeer, die Bybel, want dit is wat ons doen met ‘n motor want dan weet ons wat ons motor nodig het vir die beste funksionering: 1 Pet. 2:21 “Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;†Jesus kom na die aarde in die gestalte van ‘n mens met die liggaam verswak deur 4000 jaar van sonde en benut dit wat u en ek het om Satan te oorwin. Hy illustreer hoe om ‘n heilige lewe te lei deur ‘n konstante verhouding met sy Vader in gebed. Gevul deur die Heilige Gees oorwin Hy sonde met krag buite Homself en maak nooit staat op sy Godlike natuur nie. Hy lei ons in sy voetspore sodat ons versekering vind dat ons ook suksesvol kan lewe wanneer Hy in ons lewe betree sodat ons keuses sal wees soos Hy sou kies. Job was omring deur die Jobstroosters en verloor eers sy besittings en familie. Hy verloor egter nie sy vrou nie want sy funksioneer as die Satan se agent tesame met die drie vriende wat as strik vir Job dien tot die uiteinde wanneer God Job beantwoord. Job 38:1 “Daarna het die HERE Job uit 'n storm geantwoord en gesê: 2 Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis? 3 Gord dan soos 'n man jou heupe — dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My. 4Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het?†God verduidelik nie die Groot Kosmiese Stryd en wat eintlik agter die skerms gebeur nie, maar konfronteer Job met Homself, die Skepper God. Die enormiteit van die ervaring verwyder alle potensiële vrae en laat Job gedwee en tevrede. Neem in notisie dat hy sy 10 kinders verloor maar, hy is beloon. Job 42:10 “En die HERE het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die HERE het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.†Met die uittog uit Egipte het ‘n gemengde menigte saam getrek. Hulle het die probleme op die pad veroorsaak want daar was diegene wat wou terugkeer na die “voordeligheid†van Egipte en het sodoende die omstandighede vir die Israeliete bemoeilik. Ons moet poog om nie daardie gesindheid te hê nie. Die gelykenis van die 5 brode en 2 visse bespreek iets wat ons vandag sou noem “prosperity gospel†– die predik en belangstelling vir die fisiese voordele. Die Here se bekommerd is oor ons ewige sukses en nie net die tydelike sukses nie. Markus 10:29 “En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie, 30 of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe.†Ons lewe tans in die Satan se agterplaas en hy poog dat ons die Here sal blameer vir wat rondom ons gebeur en maak ons wys dat die weg van Jesus is om stroomop te swem! 1 Pet. 4:12 “Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; 13 maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.†God het die meeste gegee: Rom. 8:31 “Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vÃr ons is, wie kan teen ons wees? 32 Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? “ Joh. 3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 17Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.†Die Godheid het net een doel en dit is die redding en verlossing van soveel moontlik siele… redding uit die vervalsing van Satan. Sag. 3:2 “Toe sê die HERE aan die Satan: Mag die HERE jou bestraf, o Satan! Ja, mag die HERE, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie 'n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?†Die Here doen alles vir die suksesvolle redding van mense. Die Bybel is waar en eg. Abraham was van die rykste persone in sy tyd. Jakob erf niks van Isak maar met die Here se seën raak hy ryk by Laban. Job was ryk, verloor alles maar aan die end dubbel die seën. Die egtheid lê egter in: Moses besluit hy slaan die rots teen die opdrag dat hy tot die rots moes spreek. Dit is simbolies dat die Rots is Jesus wat vir ons geslaan is. Hierdeur verloor Moses sy reg om Kanaän binne te gaan. Maar, God se genade is geweldig groot want in boek Judas wek Michael/Jesus, Moses op. Hierdie stel voor die gereddes wat sterf en dan hemel toe gaan. Israel as volk fouteer en 10 stamme raak verlore daarom gaan Juda/Israel vir 70 jaar in ballingskap. Daniël 9 bevestig nog 490 jaar oor u volk bepaal maar hulle kruisig hulle Messias in 31nC. In 34nC verwerp hulle korporatief die Messias met steniging van Stefanus, en die heidene word nou ingeënt op die ware Wynstok wat beteken dat almal – nie net Jode nie - is nou moontlik deel van geestelike Israel afhangende van hulle keuses. Josef stap in die voetspore van die Godheid maar irriteer sy sondige broers en word as slaaf verkoop. Hy verwyt nie die Here nie maar raak die toonbeeld van n goeie slaaf en raak tweede in bevel in Egipte. Josef sien die hand van die Here daarin om sy volk te red en raak so ‘n tipe van Christus wat ons kom red. Jesus sê die volgende: Matt. 11:11 “Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy†Johannes die Doper is ‘n familielid van Jesus en verskyn op die toneel sodat hy die pad vir die Here gelyk sal maak. Deurdat hy die sonde in Herodes se lewe uitwys, laat dié vrou met wie hy in sonde leef, deur haar dogter vir Herodes beïnvloed dat Johannes die Doper in die tronk beland. Nadat die dogter Herodes betower deur haar gedans, versoek sy Johannes die Doper se kop op skinkbord. Die een wat Jesus se gunsteling was bevind hom in die tronk en stuur selfs sy dissipels asof hy nou twyfel oor Christus, in twyfel of Hy die Messias sou wees. Jesus bevestig aan hulle en se hulle moet gaan vertel wat hulle gesien het en herbevestig dat Hy is die Christus is. Ten spyte van sy profetiese rol verloor Johannes die Doper sy kop. So, die assosiasie met Jesus is nie ekwivalent aan ons voorspoed nie. Moses verloor die aardse Kanaän maar ontvang tog hemelse Kanaän. Hy moes sy lot aanvaar en het nie voorsien dat Jesus sy straf eintlik in ‘n ewige seën sou verander nie. As Jesus die patroon van gedrag met Moses openbaar en Hy soortgelyk met Johannes die Doper sou optree is die vraag: Waarvoor is daar geen fondasie en steun in die skrif vir die volgende: Die Here ignoreer hom basies en hy reik uit na Jesus om t.s.v. sy eie profetiese gawe weer versekering te kry dat Jesus is wie Johannes die Doper gepreek het Hy is. Hierdie optrede slegs sinvol indien Jesus hom oogmerk as: Matt. 27:52en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. Hierdie is die antitipiese eerste gerf wat die groepie vorm en saam met Jesus opvaar hemel toe. Geen se name is bekend nie, maar sal dit nie eendag baie van God se reputasie sê as Hy wel hom laat sterf het want dan sou Hy beskikbaar wees om opgewek te word om reeds die ewige lewe te ontvang en mag Johannes die Doper dalk reeds in die hemel wees. Bostaande is buite Bybelse voorstel maar val vir my binne die optrede van ‘n liefdevolle God wat met deernis met Sy skepsels omgaan. Om Jesus te kies is ‘n moeilike pad maar met ewige goeie gevolge: Heb. 11:36 “Ander weer het die proef van bespottinge en geselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis. 37 Hulle is gestenig, in stukke gesaag, versoek, deur die swaard vermoor. Hulle het rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel — 38 die wêreld was hulle nie werd nie — hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in spelonke en skeure in die grond. 39 En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie, 40 omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie.†Ongelukkig leef ons in ‘n onvolmaakte wêreld en ons as Christene mag juis die rede wees hoekom baie nooit Christene wil wees nie. Ons behoort die lig en die sout wees, en ons omgewings ‘n ander smaak gee maar, ons mag tekort skiet hierin. Ongelukkig is die behoefte groot en ook beperkinge in terme van reserwe van Christene om andere altyd te kan help. God vergewe verkeerde keuses maar ons pluk soms steeds die vrugte daarvan. Genootskap wat ek aan behoort het elke gemeente ‘n Dorkas afdeling om gemeentelike behoefte en bewustheid in die omgewing aan te spreek. Ook bedryf ons oor hele RSA Mobiele Etes vir bejaardes om twee keer per week voedsame maaltyd teen nominale tarief te bekom om die ontvangers waardigheid te laat behou. Internasionaal bedryf ons ADRA wat met groot rampe help en ja ons is die Here se oë en ore en hande en ja steeds gaan daar wees wat voel Christene doen nie genoeg nie. Matt. 25:34 “Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af. 35 Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; 36 k was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom. 37 Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? 38 En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? 39 En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom? 40 En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.†Geluk in die lewe is nie ‘n bestemming nie maar is ‘n gesindheid op pad na ‘n bestemming, en dit bly ‘n keuse. Gaan lees oor Christene in Sjina en Rusland gestroop van alles maar hulle kies om die Here te vertrou. Lees die hele Hebreërs 11 en sien dat tydelike voorspoed het nie swaar geweeg nie maar wel ewige lotsbestemming! Vertrou die Here vir hulp! Rom. 8:28 “En ons weet dat vir hulle wat God lief het, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.†1 Kor. 13:12 “Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.†Ons moet op Hom bly hoop, Hy stel nie teleur nie. Hy mag lank neem, maar is nooit laat nie en ons kyk na die ewige uit die ervaring van die oomblik, Hy kyk na die oomblik uit die ervaring van die ewige en daarom moet ons Hom bly vertrou.